Skip to Content
Springbok
Springbok is met reg die hoofdorp van Namakwaland!  Die dorp het ontwikkel op die plaas Melkboschkuil rondom die Bloumyn, die eerste kommersiële myn in Suid-Afrika.  Phillips & King het sedert 1852 koper hier gemyn.  Die dorp, eers bekend as Springbokfontein, is in 1862 deur Patrick Fletcher uitgelê.  Die naam is later verkort na Springbok.  Die mynbedrywighede in Springbok is gestaak toe daar ryker neerslae van koper in die omliggende area gevind is, maar teen daardie tyd was die dorp reeds 'n sentrum vir boere en reisigers.  Springbok het steeds bly ontwikkel en is vandag 'n sentrum vir vele kantore, winkels en verskaffers aan boere en myne.  Die dorp is 'n natuurlike stop vir reisigers op pad na Kaapstad en Namibië, die Kgalagadi Oorgrenspark, die Oranjerivier, die Richtersveld en die Weskus.  Dit is veral 'n gewilde besoekpunt gedurende Augustus en September wanneer Namakwaland haar mooiste kleed aanhet.

Good to Know

Fuel Availability

  • Open 24/7

Meal Options

  • Coffee Shop
  • Limited to None After Hours Options
  • Restaurant
  • Restricted trading hours over weekends

Groceries

  • Butchery
  • Chain Supermarket
  • Limited trading hours over weekends
  • Local Grocery Store