Lesse geleer
As jy in een van ons dorpies in die Karoo of omliggende platteland woon, lyk jou storie waarskynlik baie soos dié van die buurman. Ons dorpies het dit moeilik. Ons is so besig om net kop bo water te hou dat daar min tyd oorbly om nuwe geleenthede te skep en ons dorpies te laat groei.
Jare se waarnemings
Na jare se samewerking met verskeie organisasies en instansies het drie dinge telkens duidelik geword. Eerstens, as ons saamwerk, is die impak groter en hou dit langer. Tweedens, goeie idees en beplanning help net tot op 'n punt – sonder om dit uit te voer, is beplanning net tydmors. Derdens, verantwoordelikheid word al minder in ons samelewing uitgeleef. Mense verwag al hoe meer dat dinge vir hulle gedoen of gegee moet word, maar min mense soek self oplossings en neem aksie om van onder af verandering te bring.

Kamerraadskap Kuns uitstaling in Nieu-Bethesda in 2023

Groot lesse
Ons Karoo en Kontrei is begin om hierdie leemtes aan te spreek. Om ons platteland weer te laat groei, het ons 'n beweging nodig wat al ons verskilmakers en sterkpunte bymekaarbring. Só kan ons dorpe help om gesonde sosiale en ekonomiese omgewings te bou, sodat ons dorpies weer kan floreer.
Ons het 'n platform geskep, maar ons het nog nie samewerkingsgeleenthede goed bestuur nie. Die platform het nog nie sy volle potensiaal bereik nie. Die koste van die ontwikkeling het ons in die skuld gedompel. Dit is duidelik dat ons nog nie die regte proses volg om samewerking te bevorder nie.
Groot veranderinge
In 2026 het ons besluit om ons strategie, kommunikasie en vennootskappe te hersien en nuwe vaardighede aan te leer. Ons het nou 'n verbeterde platform wat ons self kan bestuur, en daar is verskeie nuwe funksies op pad om ons lede se admin gaan makliker te maak.
Ons het ook ons vennootskappe versterk. Een hiervan is A2B Transformation. Hulle spesialiseer in neurowetenskap en help mense om hul verantwoordelikheidsintelligensie te ontwikkel, sodat ons 'n nasie kan bou van mense wat hul volle potensiaal bereik. Ons werk steeds aan meer vennootskappe en sal julle op hoogte hou.
Rigting
Ons nuwe platform is nou beskikbaar by www.karoo1stop.co.za. Dit is ons eerste bousteen – 'n manier om waarde te bepaal. Almal het waarde, en die platform help ons om ons lede se besighede en geleenthede sigbaar te maak en te sien waar daar potensiaal is vir nuwe samewerking. Nou is dit jou kans. Sluit aan by Ons Karoo en Kontrei as familielid en kom help ons om nuwe lewe in ons platteland te bring.
