Pella met sy skerp getande berge, palmbome en die woestyn lug wat betower sodra die son begin groet, kan mens maklik jouself misgis en dink jy is in ‘n veraf Arabiesedorpie. Die dorpie se oorspronklike aantrekkings krag was die fonteine waarvan party vandag nog borrel. Pella se geskiedenis is deurentyd geweef met verskeie sending genootskappe. In 1912 het die Londense Sendinggenootskap hulle daar gevestig in die area wat bekend gestaan het as Cammas Fonteyn. Hulle het wel die naam verander na Pella, na aanleiding van die ou stad in Macedonië waarheen die vervolgde Christine gevlug het toe Jerusalem deur die Romeine verwoes was. Ons Pella was ook ‘n toevlugsoord vir die Christine wat van Warmbad, oorkant die Oranjerivier in vandag se Namibia, gevlug het waar hulle ook vir hul lewens moes vlug.
Deur die jare het die sending stasie deur verskillende genootskappe beman maar die laaste was die Roomse katoliek wat in 1874 hul daar gevestig het en wie vandag nog ‘n groot rol speel in die gemeenskap. Dit was vaders John Simon en Leo Wolf wat die ikoniese kerk gebou het, waarvoor Pella bekend is, en dit met die hulp van ‘n ensiklopedie. Dit het hulle 7 jaar geneem om te voltooi.
En so ekstra brokkie inligting is dat die slotepisode van die derde reeks van die tv program Arende buite Pella geskiet was.
Pella met sy skerp getande berge, palmbome en die woestyn lug wat betower sodra die son begin groet, kan mens maklik jouself misgis en dink jy is in ‘n veraf Arabiesedorpie.
Die dorpie se oorspronklike aantrekkings krag was die fonteine waarvan party vandag nog borrel. Pella se geskiedenis is deurentyd geweef met verskeie sending genootskappe. In 1912 het die Londense Sendinggenootskap hulle daar gevestig in die area wat bekend gestaan het as Cammas Fonteyn. Hulle het wel die naam verander na Pella, na aanleiding van die ou stad in Macedonië waarheen die vervolgde Christine gevlug het toe Jerusalem deur die Romeine verwoes was. Ons Pella was ook ‘n toevlugsoord vir die Christine wat van Warmbad, oorkant die Oranjerivier in vandag se Namibia, gevlug het waar hulle ook vir hul lewens moes vlug.
Deur die jare het die sending stasie deur verskillende genootskappe beman maar die laaste was die Roomse katoliek wat in 1874 hul daar gevestig het en wie vandag nog ‘n groot rol speel in die gemeenskap. Dit was vaders John Simon en Leo Wolf wat die ikoniese kerk gebou het, waarvoor Pella bekend is, en dit met die hulp van ‘n ensiklopedie. Dit het hulle 7 jaar geneem om te voltooi.
En so ekstra brokkie inligting is dat die slotepisode van die derde reeks van die tv program Arende buite Pella geskiet was.
Neighbouring Towns
Distances below are the most popular roads, sometimes dirt and sometimes tar.