Die Boesmanland bestaan uit ongeveer 2 miljoen hektaar waarvan om en by 'n kwart in die Pofadder distrik val. Pofadder, in die Boesmanland lê tussen Upington in die Groen Kalahari en Springbok in Namakwaland en is die afdraaiplek vanaf die N14 na die beste kuierplekke Vir meer as n 100 jaar is Pofadder reeds die oorblypkek vir groot myn ontwikkeling teen die Weskus (diamante), Namakwaland (koper), Pella (sillimaniet), Gamsberg (grootste sink neerslag), Aggeneys (sink, lood, koper, silwer) en ook sonplaasontwikkeling. Pofadder Hotel, Pofadder Inn en Kleinplasie selfsorgeenhede word deur Country Hotels bestuur en daar is ook gastehuise en Rus n Bietjie vir die 4x4 vir oorbly. Pofadder NG Kerk, gebou in 1912, is een van die ou klipgeboue wat wag hou oor al die veranderinge. Die 1938 Voortrekker monument aan die bo-punt van Voortrekkerstraat herdenk die Johanna v d Merwe wa wat in 1938 hier deurgetrek het oppad na Pretoria en die hoofstraat sy naam gegee het, wyd genoeg vir n ossewa om in te draai. Die O.T. van Schalwyk parkie herdenk 'n dokter en Burgemeester wat sy lewe lank Khai-Ma met sy 5 dorpe bedien het: Pofadder, Pella (37km) Aggeneys (60km), Witbank (130km) en Onseepkans (50km). Pofadder het algemene handelaars soos Foodzone en 'n slaghuis wat die beste Boesmanlandse lamsvleis verkoop. By Pofadder Auto (24 uur vulstasie) kry jy varsgebak en Local-is-lekker langs KLK vulstasie het reeds net na 5 in die oggend koffie en iets lekker om die dag mee te begin. Net buite Pofadder begin die Namakwa…
Die Boesmanland bestaan uit ongeveer 2 miljoen hektaar waarvan om en by 'n kwart in die Pofadder distrik val. Pofadder, in die Boesmanland lê tussen Upington in die Groen Kalahari en Springbok in Namakwaland en is die afdraaiplek vanaf die N14 na die beste kuierplekke
Vir meer as n 100 jaar is Pofadder reeds die oorblypkek vir groot myn ontwikkeling teen die Weskus (diamante), Namakwaland (koper), Pella (sillimaniet), Gamsberg (grootste sink neerslag), Aggeneys (sink, lood, koper, silwer) en ook sonplaasontwikkeling.
Pofadder Hotel, Pofadder Inn en Kleinplasie selfsorgeenhede word deur Country Hotels bestuur en daar is ook gastehuise en Rus n Bietjie vir die 4x4 vir oorbly.
Pofadder NG Kerk, gebou in 1912, is een van die ou klipgeboue wat wag hou oor al die veranderinge. Die 1938 Voortrekker monument aan die bo-punt van Voortrekkerstraat herdenk die Johanna v d Merwe wa wat in 1938 hier deurgetrek het oppad na Pretoria en die hoofstraat sy naam gegee het, wyd genoeg vir n ossewa om in te draai.
Die O.T. van Schalwyk parkie herdenk 'n dokter en Burgemeester wat sy lewe lank Khai-Ma met sy 5 dorpe bedien het: Pofadder, Pella (37km) Aggeneys (60km), Witbank (130km) en Onseepkans (50km).
Pofadder het algemene handelaars soos Foodzone en 'n slaghuis wat die beste Boesmanlandse lamsvleis verkoop. By Pofadder Auto (24 uur vulstasie) kry jy varsgebak en Local-is-lekker langs KLK vulstasie het reeds net na 5 in die oggend koffie en iets lekker om die dag mee te begin.
Net buite Pofadder begin die Namakwa eco 4x4 verby Pella (37km)met 'n pragtige katedraal (1875) met n museum en nonne om die storie te vertel. 50 km west van Pofadder is Klein Pella met die grootste dadelplantasie in die Suidelike Halfrond en n heerlike gastehuis en kampeerplek.. Noord van Pofadder is Onseepkans met n grenspos by die Oranjerivier en van hier neem SA Forest Adventures en Gravity Adventures jou met kanos by die Ritchievalle (30m) verby.
Neighbouring Towns
Distances below are the most popular roads, sometimes dirt and sometimes tar.