Sowat halfpad tussen Kaapstad en Upington in die Karoo, lê die dorpie Calvinia. Bekend vir sy majestueuse Hantamberge. In 1848 is ongeveer 1400 hektaar grond van die plaas Ramskop deur veldkornet Abraham van Wyk gekoop. Dit is hier waar Calvinia soos ons dit vandag ken, uiteindelik geleë sou wees.Calvinia is na die Nederlands gereformeerde prediker Johannes Calvyn genoem en het in 1904 munisipale status ontvang. Die area staan ook bekend as die “Hantam” vanweë sy bekende Hantamberge. Die woord Hantam is afgelei van die Khoisan-woord !Han=ami wat “die berg van die rooi eetbare bolle” beteken. Calvinia lê 986m bo seespieël en het ‘n gemiddelde jaarlikse reënval van ongeveer 200mm. Dit is welbekend vir sy suksesvolle skaapboerdery. In hierdie dorp kan jy ontspan, die gasvryheid en egheid van die karoo-mense geniet en vir ‘n oomblik van tyd vergeet. Waar jy ‘n vreemdeling kan keer om aanwysings te vra en selfs net om te gesels. Hier kan jy jouself toelaat om deel van die verlede te voel terwyl jy steeds die luukshede van moderne tegnologie geniet. Calvinia is ‘n dorp waar die verlede en die hede vervleg is. Die dorp het ‘n verskeidenheid ou geboue, sommige wat na baie jare opgeknap is, maar steeds sy oorspronklike voorkoms en gevoel behou het. Die dorp is bekend vir sy groot Rooi Posbus, die NG Kerk wat ook ‘n nasionale monument is, die Akkerendam Natuurreservaat, ‘n Joodse Sinagoge nou Museum, die Hantam Huis restaurant en gastehuis en die majestueuse Hantamberge en pragtige blomme tydens blom…
Sowat halfpad tussen Kaapstad en Upington in die Karoo, lê die dorpie Calvinia. Bekend vir sy majestueuse Hantamberge.
In 1848 is ongeveer 1400 hektaar grond van die plaas Ramskop deur veldkornet Abraham van Wyk gekoop. Dit is hier waar Calvinia soos ons dit vandag ken, uiteindelik geleë sou wees.Calvinia is na die Nederlands gereformeerde prediker Johannes Calvyn genoem en het in 1904 munisipale status ontvang.
Die area staan ook bekend as die “Hantam” vanweë sy bekende Hantamberge. Die woord Hantam is afgelei van die Khoisan-woord !Han=ami wat “die berg van die rooi eetbare bolle” beteken.
Calvinia lê 986m bo seespieël en het ‘n gemiddelde jaarlikse reënval van ongeveer 200mm. Dit is welbekend vir sy suksesvolle skaapboerdery.
In hierdie dorp kan jy ontspan, die gasvryheid en egheid van die karoo-mense geniet en vir ‘n oomblik van tyd vergeet. Waar jy ‘n vreemdeling kan keer om aanwysings te vra en selfs net om te gesels. Hier kan jy jouself toelaat om deel van die verlede te voel terwyl jy steeds die luukshede van moderne tegnologie geniet.
Calvinia is ‘n dorp waar die verlede en die hede vervleg is. Die dorp het ‘n verskeidenheid ou geboue, sommige wat na baie jare opgeknap is, maar steeds sy oorspronklike voorkoms en gevoel behou het.
Die dorp is bekend vir sy groot Rooi Posbus, die NG Kerk wat ook ‘n nasionale monument is, die Akkerendam Natuurreservaat, ‘n Joodse Sinagoge nou Museum, die Hantam Huis restaurant en gastehuis en die majestueuse Hantamberge en pragtige blomme tydens blom seisoen asook die jaarlikse Vleisfees.
Hier kan jy maklik vergeet van die uitdagings van die alledaagse lewe. Alhoewel dit ‘n nederige klein dorpie is met nie veel om te bied in terme van wêreldse dinge nie, sal jy vind dat jy verlief raak op haar skoonheid, haar stadige ritme en die hartlikheid van haar mense.
Hulle sê jy huil net twee keer as dit by Calvinia kom, die dag wat jy aankom en die dag wat jy moet vertrek!
Neighbouring Towns
Distances below are the most popular roads, sometimes dirt and sometimes tar.