Ons is ‘n klein dorpie met ongeveer 3000 inwoners wat sy ontstaan te danke het aan die Rhynse Sendinggenootskap wat in 1845 ’n sending en ’n onderwyser hierheen gestuur het om ongeveer 600 basters te kersten en te onderrig. Die Rhynse kerkie is vandag ’n teologiese naslaan lokaal en word pragtig in stand gehou. Die eerste VGK is vandag ons museum. Reeds in 1767 het Jan Abraham Nel langs die fontein sy trekgoed uitgespan sodat sy tweede seun gebore kom word en ’n amandelboom geplant aan die voet van die Singkoppe. Die naam is gekry van die sendings gemeente se lidmate wat elke Nuwejaar oggend vanaf die koppies vir die gemeente gesing het. Later jare het Ds. Kuhn met dinamiet die fontein probeer groter skiet maar die gevolg was dat die groot amandel boom dood geskiet is, maar die fontein was nie groter nie. Vandag is ons ’n goed funksionerende skoon dorpie wat saam met Fraserburg en Sutherland die Karoo Hoogland munisipaliteit vorm. Ten spyte van ons krimpende getal boere hou ons nog elke Februarie ’n goeie skou – enigste in die omgewing – en ’n heerlike kommando rit in Desember. Die gholf- en rugbyklubs funksioneer ook nog met goeie geriewe. Ons uitstekende moderne restaurant is ook ’n gewilde stopplek vir deur reisende toeriste. Hier kan ook korbeelhuise te siene in ons distrik, en ook ‘n unieke grafsteen roete. Die ou NG klipkerk met sy labirint en inheemse vetplante is ook ’n besienswaardigheid. ’n Nuwe boek “Vergete stories van Williston”…
Ons is ‘n klein dorpie met ongeveer 3000 inwoners wat sy ontstaan te danke het aan die Rhynse Sendinggenootskap wat in 1845 ’n sending en ’n onderwyser hierheen gestuur het om ongeveer 600 basters te kersten en te onderrig. Die Rhynse kerkie is vandag ’n teologiese naslaan lokaal en word pragtig in stand gehou. Die eerste VGK is vandag ons museum.
Reeds in 1767 het Jan Abraham Nel langs die fontein sy trekgoed uitgespan sodat sy tweede seun gebore kom word en ’n amandelboom geplant aan die voet van die Singkoppe. Die naam is gekry van die sendings gemeente se lidmate wat elke Nuwejaar oggend vanaf die koppies vir die gemeente gesing het. Later jare het Ds. Kuhn met dinamiet die fontein probeer groter skiet maar die gevolg was dat die groot amandel boom dood geskiet is, maar die fontein was nie groter nie.
Vandag is ons ’n goed funksionerende skoon dorpie wat saam met Fraserburg en Sutherland die Karoo Hoogland munisipaliteit vorm.
Ten spyte van ons krimpende getal boere hou ons nog elke Februarie ’n goeie skou – enigste in die omgewing – en ’n heerlike kommando rit in Desember. Die gholf- en rugbyklubs funksioneer ook nog met goeie geriewe. Ons uitstekende moderne restaurant is ook ’n gewilde stopplek vir deur reisende toeriste.
Hier kan ook korbeelhuise te siene in ons distrik, en ook ‘n unieke grafsteen roete. Die ou NG klipkerk met sy labirint en inheemse vetplante is ook ’n besienswaardigheid.
’n Nuwe boek “Vergete stories van Williston” is vanjaar uitgegee wat ons geskiedenis kort saamvat en ’n paar humoristiese e bekende persone uit ons verlede herroep.
"When you cross the Zakriver you come into Williston, then you are bitten by a "gogga" and when this "gogga" has bitten you, you remain there" - Leonard Oddes
Neighbouring Towns
Distances below are the most popular roads, sometimes dirt and sometimes tar.