Karoo Bossie Service Centre for Older Persons
Karoo Bossie Dienssentrum vir Ouer Persone is 'n geregistreerde NWO wat in 2006 gestig is om 'n ontspanningsfokus vir persone 60 jaar en ouer binne die Merweville-gemeenskap te bied.
Die jaarlikse "Golden Games" wat deur die Wes-Kaapse Regering gereël word, is 'n opwindende geleentheid wat op distriks- en provinsiale vlak plaasvind waaraan die Karoo Bossie-spanne deelneem.
Christo Farao, wat 'n passie vir bejaardes en sport het, het hierdie groep bejaarde "Merweliete" die afgelope 14 jaar gekoördineer.
Bykomend tot die Golden Games-sportbyeenkomste geniet hierdie groep bejaarde mans en vrouens dit om handwerk te doen en 'n verskeidenheid kwilts, gebreide komberse en muurskilderye is beskikbaar om te koop gedurende hulle openings tye.