Karoo Aquaponics Merweville
Die piepklein dorpie Merweville en omliggende plase, bekend vir sy veerkragtigheid tydens die 8 jaar droogte, skuil tussen klipperige koppies en droë platteland. Rivierbeddings is meestal droog. Min plantspesies kan die strawwe Karooklimaat oorleef.Maar dis nie die storie wat ons kom vertel het nie....Dit is een van kraakvars blaarslaai, druppelende water en vrolike visse, nie woorde wat maklik met die Karoo geassosieer word nie. Tog is dit presies waaroor Karoo Aquaponics Merweville gaan.Gebou uit die einste grond waarop dit staan - klippe, rotse en rivierbeddingsand, is die Aquaponics-struktuur so natuurlik soos die koppies in sy droë omgewing.Karoo Aquaponics Merweville poog om die omgewing en alle lewensvorme met respek te behandel, aangesien Aquaponics boerdery 'n mens in staat stel om die natuur na te boots, as 'n lewende, asemhalende organisme met die water wat deur die sisteem in 'n geslote lus siklus. Die vis verskaf die kunsmis vir die plante en die plante suiwer op hul beurt en blaas nuwe lewe terug in die water, met die produk van hierdie proses wat die varsste, organiese vrugte en groente is om van te kies.Kom ervaar hierdie besonderse oase in die hartjie van Merweville.