Hope4Siyathemba
Hope4Siyathemba NPC is 'n Nie-winsgewende Organisasie wat in 2024 tot stand gekom het. Met 'n Koningkryk fondasie, het Hope4Siyathemba NPC ten doel om HOOP te bring in die hele Siyathemba Munisipale area.
Ons het 'n kantoor in Prieska, maar ons projek area sluit omringende dorpies soos Niekerkshoop, Marydale en Vanwyksvlei in.
Prieska Cleanup is reeds aan die gang, maar ons hoop om die Projek te vergroot en plaaslike Besigheid asook gemeenskaps lede betrokke te kry.
Ons het ook ten doel om 'n plaaslike voeding skema te begin. Ons wil plaaslike leiers identifiseer en leer hoe om groentetuine self te plant om die voeding skema te voorsien, maar ook volhoubaar vir hulself te voorsien.
Ons borg ook tans 'n jeug dansgroep in Prieska, wat groei om van Niekerkshoop se kinders in te sluit. Dit hou kinders uit die straat en vergroot hulle lewens visie.
Werkskepping en Entrepreneurskap ontwikkeling is toekomstige doelwitte. U hulp en ondersteuning maak 'n verskil!