Delikaat Bed & Coffee
Welkom by Delikaat Bed & Coffee. Kom gerus binne en geniet 'n vars koppie koffie, gekomplimenteer met 'n sappige Wortelkoek of enige ander vars gebak.
Ons ondersteun graag klein en plaaslike besighede, dus sal julle allerhande handgemaakte geskenke sien, boerseep, tuisgebak en vele meer. Die gebottelde olyfolie kom van ons eie Hoerskool Prieska en pimpelneute van Karoo Pistachios en Senqu River.
Ons wood-fire pizza's word met die beste bestandele gemaak en gevul tot op die rante!
Vars pasteie en roomys is altyd 'n gunsteling.
Op 'n lekker Somersdag, bring die hele gesin en kom sit buite onder die boom en laat die kinders baljaar in die speelarea.