Skip to Content
Victoria-Wes
Victoria-Wes is ʼn dorp in die Groot-Karoo (Noord-Kaap) wat hande vat met die N12, ook bekend as die Diamantroete. Wes van die N12, genestel tussen twee koppies, lê die Bo-dorp met volop historiese skatte. Hier, in Kerkstraat, skitter die Apolloteater, die oudste en steeds funksionerende art deco teater in die land. Elders in die straat waak die NG en Anglikaanse kerke trots oor die dorp. ʼn Besoek aan die plaaslike streeksmuseum is ʼn moet. Van die fokuspunte in die museum is die visfossiele, die bewaring van die Oewerkonyn wat net in die gebied voorkom, die ontstaan van die dorp en ook die streekskoerant, die Messenger, wat een van die oudste streekskoerante in die land is. Die historiese staproete deur die dorp is ʼn stem uit die verlede. Twee staproetes, Moonlight hill en Ribbok, sorg vir ʼn ander blik op die dorp. Jaarlikse hoogtepunte is die Landbouskou in Februarie, die Karoo Gholf Classic in Mei en die Wildsfees in Junie. Die dorp spog met verskeie gastehuise, restaurante, koffiewinkels en ander besighede. Die omgewing is veral bekend vir die Merino skaap en wintertye besoek jagters ons graag. Victoria-Wes bied meer as wat jy nooit sou kon dink.
Victoria-Wes is ʼn dorp in die Groot-Karoo (Noord-Kaap) wat hande vat met die N12, ook bekend as die Diamantroete.

Wes van die N12, genestel tussen twee koppies, lê die Bo-dorp met volop historiese skatte. Hier, in Kerkstraat, skitter die Apolloteater, die oudste en steeds funksionerende art deco teater in die land. Elders in die straat waak die NG en Anglikaanse kerke trots oor die dorp. ʼn Besoek aan die plaaslike streeksmuseum is ʼn moet. Van die fokuspunte in die museum is die visfossiele, die bewaring van die Oewerkonyn wat net in die gebied voorkom, die ontstaan van die dorp en ook die streekskoerant, die Messenger, wat een van die oudste streekskoerante in die land is. Die historiese staproete deur die dorp is ʼn stem uit die verlede. Twee staproetes, Moonlight hill en Ribbok, sorg vir ʼn ander blik op die dorp.

Jaarlikse hoogtepunte is die Landbouskou in Februarie, die Karoo Gholf Classic in Mei en die Wildsfees in Junie. Die dorp spog met verskeie gastehuise, restaurante, koffiewinkels en ander besighede. Die omgewing is veral bekend vir die Merino skaap en wintertye besoek jagters ons graag.

Victoria-Wes bied meer as wat jy nooit sou kon dink.

Good to Know

Fuel Availability

  • Open 24/7

Meal Options

  • Coffee Shop
  • Limited to None After Hours Options
  • Restaurant
  • Restricted trading hours over weekends
  • Small Cafe
  • Takeaway

Groceries

  • Butchery
  • Chain Supermarket
  • Limited trading hours over weekends