Die eerste ses plase in die De Aar-gebied is op 1 Sept. 1837 opgemeet en uitgegee aan boere. De Aar ontleen sy naam aan die oorspronklike plaas waarop die dorp later ontstaan het. Nie lank na 1839 is die plaas De Aar in besit geneem. Aan die suidoostelike kant van die teenswoordige dorp was ‘n standhoudende put wat vars water gelewer het vir mens en dier. Aan hierdie sterk waterbron het die plaas De Aar-en gevolglik ook die dorp-sy naam te danke. In 1881 het die spoorlyn na D: Aar gekom ; dit het ‘n belangrike aansluiting geword, en rondom die stasie het daar mettertyd ‘n klein gemeenskappie begin ontstaan. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was De Aar die belangrikste militêre sentrum in die Kaapkolonie. In 1902 het twee broers Friedlander wat ‘n winkel op die plaas gehad het, De Aar gekoop van die eienaar D. F. Grundlingh vir R22 000. Op 15 en 16 Desember 1902 het Gebrs. Friedlander erwe vir ‘n dorp laat opveil. Dit is dan ook die stigtingsdatum van die dorp. Die gedagte was om dit Friedlanderdorp te noem, maar daar het niks van gekom nie, en die naam De Aar het behoue gebly. Op 20 Mei 1904 is De Aar tot ‘n munisipaliteit verklaar, en in 1908 is die De Aar-gebied geproklameer as magistraatsdistrik met ‘n hof van Resident-Magistraat.
Uittreksels: Suid-Afrikaanse Pleknaamwoordeboek P.J. Nienaber
Die eerste ses plase in die De Aar-gebied is op 1 Sept. 1837 opgemeet en uitgegee aan boere.
De Aar ontleen sy naam aan die oorspronklike plaas waarop die dorp later ontstaan het. Nie lank na 1839 is die plaas De Aar in besit geneem. Aan die suidoostelike kant van die teenswoordige dorp was ‘n standhoudende put wat vars water gelewer het vir mens en dier. Aan hierdie sterk waterbron het die plaas De Aar-en gevolglik ook die dorp-sy naam te danke.
In 1881 het die spoorlyn na D: Aar gekom ; dit het ‘n belangrike aansluiting geword, en rondom die stasie het daar mettertyd ‘n klein gemeenskappie begin ontstaan. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was De Aar die belangrikste militêre sentrum in die Kaapkolonie.
In 1902 het twee broers Friedlander wat ‘n winkel op die plaas gehad het, De Aar gekoop van die eienaar D. F. Grundlingh vir R22 000. Op 15 en 16 Desember 1902 het Gebrs. Friedlander erwe vir ‘n dorp laat opveil. Dit is dan ook die stigtingsdatum van die dorp. Die gedagte was om dit Friedlanderdorp te noem, maar daar het niks van gekom nie, en die naam De Aar het behoue gebly.
Op 20 Mei 1904 is De Aar tot ‘n munisipaliteit verklaar, en in 1908 is die De Aar-gebied geproklameer as magistraatsdistrik met ‘n hof van Resident-Magistraat.
Uittreksels: Suid-Afrikaanse Pleknaamwoordeboek P.J. Nienaber
Neighbouring Towns
Distances below are the most popular roads, sometimes dirt and sometimes tar.