Skip to Content

Hardemans-Karoo

Hardemans-Karoo - Die naam word gebruik in boeke en artikels, maar tot dusver kon ek geen verwysing na die oorspring van die naam kry nie. Ou kaarte wys ook nie die naam Hardemans-Karoo nie, maar die naam Agterroggeveld word eerder vir die area gebruik, soos op die kaart van James Wyld, 1844.

Wanneer mens wel met mense uit die omgewing gesels en mens kyk na die ekologie van die omgewing dan kan mens wel ’n goeie afleiding maak – Dit neem ’n harde man om in hierdie area te boer, dis nie maklik nie. Bome in die area is so skaars soos hoender tande en daarom ook dan die rede vir soveel korbeelhuisies in die omgewings. Korbeelhuise word in geheel uit klip gebou, tot die dak word met klip gebou want daar was nie hout beskikbaar nie. 

Die area wat bekend staan as die Hardemans-Karoo het Williston in die middel en gedeeltelik die distrikte van die buur dorpe soos, Fraserburg, Loxton en Carnarvon. Maar weereens, hierdie grense is nêrens op skrif of amptelik nie, so mense se opinies verskil.