NG Church, Rietbron
Hierdie kerkgebou se hoeksteen is op Saterdag, 14 Junie 1952 gelê, en is gedurende die naweek van 14-15 Februarie 1953 deur die NG Gemeente Rietbron ingewy en in gebruik geneem.
Die besluit om 'n springbok op die toring as windwyser aan te bring is 'n mooi gedagtenis aan die troppe springbokke wat vroeër jare seker dikwels oor hierdie selfde plek getrek het om by die fontein te gaan water drink.
Dit is die gemente se begeerte dat hierdie gebou nog vir baie jare en geslagte 'n plek sal wees waar huidige en toekomstige inwoners en besoekers van die Lewende Water van Jesus Christus sal kan proe en hul dors sal kan kom les.
GELOOF IN GOD MAAK ONS DRAERS VAN LIG EN LIEFDE