Skip to Content
Rietbron
Rietbron lê op die R306, byna halfpad tussen Beaufort-Wes en Willowmore, en kan net bereik word deur grondpaaie te ry. Die dorp wat vroeër algemeen bekend was as “Kaalplaas”, is in 1910 gestig. Die naam “Rietbron” is afkomstig van die oorspronklike waterbron wat bestaan het uit ‘n fontein wat met riete begroei was. Rietbron het sy oorsprong te danke aan die behoefte van die deestydse boeregemeenskap na ‘n kerk, skool en ander sosiale fasaliteite. Na meer as 100 jaar is dit presies wat die dorp nog is – ‘n nedersetting wat voldoen aan die mees basiese behoeftes van sy inwoners. (OTM en brandstof uitgesluit). Dis ‘n baie klein dorpie en boerderye van hoofsaaklik angorabokke en merino- en dorperskape, is die grootste werksverskaffers. Verdere werkgewers is die SAPD, munisipaliteit, 2 skole, kerk en plaaslike winkel. Kleiner besighede soos ‘n haarsalon, skoonheidsalon, fisioterapeut, tuisnywerheid en gastehuise is van tyd tot tyd oop vir dienste. Die inwoners is Afrikaanstalig met sterk godsdiensgefundeerde morele waardes. Die hartklop van die samelewing is die organisasies wat hier bedryf word o.a. die kerke, skole, landbouvereniging, vroueklub en tennisklub. Die besluit om ‘n springbok op die toring as windwyser aan te bring is ‘n mooi gedagtenis aan die groot troppe springbokke wat vroeër jare dikwels deur die omgewing getrek het om by die fontein te gaan water drink. Dis ‘n vreedsame dorpie met byna geen misdaad, en die goeie verhoudings tussen gemeenskappe is kenmerkend. Rietbron se identiteit lê in sy eenvoud, nederigheid en bewustheid van diepe afhanklikheid van…
Rietbron lê op die R306, byna halfpad tussen Beaufort-Wes en Willowmore, en kan net bereik word deur grondpaaie te ry. Die dorp wat vroeër algemeen bekend was as “Kaalplaas”,  is in 1910 gestig.  Die naam “Rietbron” is afkomstig van die oorspronklike waterbron wat bestaan het uit ‘n fontein wat met riete begroei was.

Rietbron het sy oorsprong te danke aan die behoefte van die deestydse boeregemeenskap na ‘n kerk, skool en ander sosiale fasaliteite. Na meer as 100 jaar is dit presies wat die dorp nog is – ‘n nedersetting wat voldoen aan die mees basiese behoeftes van sy inwoners. (OTM en brandstof uitgesluit).

Dis ‘n baie klein dorpie en boerderye van hoofsaaklik angorabokke en merino- en dorperskape, is die grootste werksverskaffers. Verdere werkgewers is die SAPD, munisipaliteit, 2 skole, kerk en plaaslike winkel. Kleiner besighede soos ‘n haarsalon, skoonheidsalon, fisioterapeut, tuisnywerheid en gastehuise is van tyd tot tyd oop vir dienste.

Die inwoners is Afrikaanstalig met sterk godsdiensgefundeerde morele waardes. Die hartklop van die samelewing is die organisasies wat hier bedryf word o.a. die kerke, skole, landbouvereniging, vroueklub en tennisklub. Die besluit om ‘n springbok op die toring as windwyser aan te bring is ‘n mooi gedagtenis aan die groot troppe springbokke wat vroeër jare dikwels deur die omgewing getrek het om by die fontein te gaan water drink.

Dis ‘n vreedsame dorpie met byna geen misdaad, en die goeie verhoudings tussen gemeenskappe is kenmerkend. Rietbron se identiteit lê in sy eenvoud, nederigheid en bewustheid van diepe afhanklikheid van ons Skepper.

Good to Know

Fuel Availability

  • No Fuel Station

Groceries

  • Basic Needs Store
  • Limited trading hours over weekends

Neighbouring Towns

Distances below are the most popular roads, sometimes dirt and sometimes tar.