Merweville Landbouvereniging
Die Merweville Boerevereniging, soos dit in 1947 bekend gestaan het met die stigting, het plaasgevind a.g.v. ‘n dinamiese vrou, Brechie Victor, wat besluit het dat die boere ‘n organisasie moet stig. Sy was die sameroeper, sowel as die voorsitter van die VLV.
Sederdien het die naam verander na Merweville Landbouvereniging (MLV). Die organisasie het nog al die jare die belange van die Landbou en landbouers, werkers ingesluit, op die hart gedra.
Ons is ‘n trotse vereniging wat tans 63 betaalde lede verteenwoordig.
Ons het sopas 4 veiligheidskameras rondom die dorp opgerig, waarvoor elke lid R3500 bygedra het. Dit is om ons dorp en distrik te beveilig teen smokkelary, dwelms en diefstal. Ons beplan om die proses uit te brei in die distrik sodra ons fondse kan bekom.