Markdam
In 1926 is daar besluit om by die Markplein te boor, omdat dit vir sommige mense te ver was om water by die fontein (Die Bron) te gaan haal.
Die gat is 100voet diep geboor, 'n windpomp is opgesit, 'n klipdam is gebou en is bedek met 'n sinkdak. In November 1927 is die dam met water gevul, maar dit het gebars en in 1928 is die vloer opgebreek, uitgegrawe tot op die rots, en 'n 4-duim betonvloer is gelê.
In 1949 is weer geboor en 8,000 gellings water/uur gekry. Die markdam se water is deur die dorp versprei dmv leivore, en het ook water voorsien aan mense en hulle trekdiere, waar hulle op die plein uitgespan het tydens Nagmaal en Middelkerk.