Skip to Content

Letterkop Uitsigpunt

Net agter Merweville se pragtige NG kerk is Letterkop en van bo-af het mens ’n asemrowende uittsig oor Merweville. Die plaaslike VLV het sommer ook bankies daar gebou dat mens die uitsig kan geniet met ’n piekniek.

Om bo uit te kom per kar vat wel ’n rukkie, omdat die pad styl is, meestal grond maar plek-plek sement om die styltes uit te help. Soos mens uit Merweville ry, Leeu-Gamka se rigting. Net buite die dorp, met die begrafplaas aan jou regterkant is ’n grondpad na links uit, mens kan die wit sementpad teen die koppie sien. Ry in die rigting van die sement pad en volg maar die krongkel pad tot bo, en onthou asseblief om die hekke toe te maak. Die pad is nie geskik vir lae voertuie nie. 

Sien & Doen
Besienswaardigheid
Besienswaardigheid
  • Uitkykpunt
Link copied!
Besienswaardigheid

Trading hours

No set trading hours


Address

Merweville

Die koppie agter die NG Kerk, toegangs pad is ookant die begrafplaas op die pad na Leeu-Gamka