Hantam Dierewelsyn
Hantam Dierewelsyn (HDW) fokus daarop om die regtig honger honde in Calvinia-Wes en Blikkiesdorp weekliks kos te gee ….waar dit duidelik is dat hulle mense self ook swaarkry. Ons koppel egter die kosgee aan sterilisasie/kastrasie en gee by voorkeur die gesteriliseerde en gekastreerde diere eerste kos. As daar kos oor is, kry die res ook.
Ons reël sterilisasie-veldtogte….het in 2023 reeds 554 honde/katte laat reg(toe)maak.
Verder gee ons raad en meds waar ons kan en neem die diere wat ons nie self kan help nie na die plaaslike veearts.
Ons ry ook deur die strate met n dipwa en probeer soveel moontlik honde dip. Bosluise is altyd n groot probleem.
HDW probeer ook om vir mense te wys hoe lekker/vervullend dit is om n goeie verhouding met jou dier te hê. Ons gee gereeld opvoedkundige inligting oor Radio Kaboesna.
Om na die welsyn van troeteldiere om te sien is egter n ewigdurende proses en n uitdaging waarvoor daar nie n eenvoudige antwoord is nie.