Steytlerville was gestig in 1876 en het munisipale status in 1891 bereik. Die dorp is gestig as 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en is vernoem na Dominees Abraham Isaac Steytler.
Steytlerville is op die R329 roete in die Sarah Baartman distrik en vorm deel van die Beyers Naude munisipaliteit in die Oos-Kaap Provinsie. Die dorp is geleë op die regter bank van die Grootrivier en is 180km noord-wes van Port Elizabeth (Gqeberha) en 85km oos van Willowmore. Steytlerville is die Noord-Oostelike ingangspoort tot die Baviaansberge.
Die geografiese koördinate is: 33° 19' 58" Suid, 24° 20' 41" Oos.
Die dorp word omring deur skaap en Angorabok plase en daarom is ons deel van die sybokhaar roete Steytlerville skep 'n gevoel van samehorigheid, rustigheid, stilte en veiligheid en is bekend as een van die mooiste en skoonste Karoo dorpies.
Die area rondom die dorp is ideaal vir fietsryers, stappers, motorfietsryers, fotograwe en voëlkykers. Ons is geseënd met twee baie bekende kunstenaars (Zak Benjamin en Johan Trollip) en hul kunsgallerye bied ietsie van alles vir die kunsliefhebbers.
Ons spog met pragtige rotsformasies wat miljoene jare terug gevorm is en is 'n groot toeriste en Argeoloë aantreklikheid.

Neighbouring Towns
Distances below are the most popular roads, sometimes dirt and sometimes tar.