Skip to Content
Hofmeyr
Hofmeyr is geleë kniediep in die karoo. Die dorpie het ontstaan toe reisigers vanaf Middelburg, Cradock, Molteno, Tarkastad en Steynsburg dit as uitspanning begin gebruik het in die 1870’s. Mettertyd het daar ‘n uitspanning met 5 hekke ontstaan, met ‘n polisiekantoor. Die roetes vanaf die dorpe na Hofmeyr, is net ver genoeg dat ‘n span osse ‘n dagreis neem om Hofmeyr te bereik. Hofmeyr is steeds ‘n deurgang. In 1873 het 3 plaaslike broers, die Marais broers, ‘n stuk grond, Pramkoppenleegte, beskikbaar gestel aan die voet van die Prammenkoppen. ‘n Groot dam op die plaas sou vir baie jare dien as dorpswater, en leibeurte in waterstraat was ook ‘n algemene gebruik. Die NG Kerk in Hofmeyr (destyds Maraisburg), is in 1874 gebou, en later herbou, toe die gemeente teen 1933 so gegroei het, dat die oorspronklike geboutjie te klein geraak het. Die nuwe kerk is midde die depressie gebou, en is in kontant klaar betaal op die dag van die opening. Wat noemenswaardig is, is dat van die vorige kerkgangers daarop aangedring het dat hul in die nuwe kerk, of dieselfde plek sal sit as wat hul in die ou kerk gesit het, en die kerk staan dus effens skeef op die erf, om aan hierdie vereiste te kon voldoen. Hofmeyr se mense was nog altyd puntenerig, blyk dit. Die eerste trein het in 1912 deur Hofmeyr gery. Sedert 1876 was hier ‘n skooltjie, met die huidige skoolgeboue wat in 1912 uit sandsteen vanuit die Bamboesberge gebou is. Die teerpad…
Hofmeyr is geleë kniediep in die karoo.  Die dorpie het ontstaan toe reisigers vanaf Middelburg, Cradock, Molteno, Tarkastad en Steynsburg dit as uitspanning begin gebruik het in die 1870’s.  Mettertyd het daar ‘n uitspanning met 5 hekke ontstaan, met ‘n polisiekantoor.  Die roetes vanaf die dorpe na Hofmeyr, is net ver genoeg dat ‘n span osse ‘n dagreis neem om Hofmeyr te bereik.  Hofmeyr is steeds ‘n deurgang.

In 1873 het 3 plaaslike broers, die Marais broers, ‘n stuk grond, Pramkoppenleegte,  beskikbaar gestel aan die voet van die Prammenkoppen.  ‘n Groot dam op die plaas sou vir baie jare dien as dorpswater, en leibeurte in waterstraat was ook ‘n algemene gebruik.

Die NG Kerk in Hofmeyr (destyds Maraisburg), is in 1874 gebou, en later herbou, toe die gemeente teen 1933 so gegroei het, dat die oorspronklike geboutjie te klein geraak het.  Die nuwe kerk is midde die depressie gebou, en is in kontant klaar betaal op die dag van die opening.  Wat noemenswaardig is, is dat van die vorige kerkgangers daarop aangedring het dat hul in die  nuwe kerk, of dieselfde plek sal sit as wat hul in die ou kerk gesit het, en die kerk staan dus effens skeef op die erf, om aan hierdie vereiste te kon voldoen.  Hofmeyr se mense was nog altyd puntenerig, blyk dit.

Die eerste trein het in 1912 deur Hofmeyr gery.  Sedert 1876 was hier ‘n skooltjie, met die huidige skoolgeboue wat in 1912 uit sandsteen vanuit die Bamboesberge gebou is. 

Die teerpad (R390) na Cradock en Steynsburg is ‘n provinsiale roete, en dit is vanaf 1972-1976 voltooi en word tans herbou,  oor die volgende drie jaar. 

Hofmeyr is tans ‘n klein gemeenskappie met slegs 80 inwoners in die dorp, en sowat 200 in die distrik,  en in die woonbuurte rondom die dorp is daar ‘n inwonertal van 5 700.  Maar oor Kersfeestye verdriedubbel hierdie getal.  Hier is  bykans geen werksgeleenthede en baie inwonders werk in stede en kom slegs met kersfeestye huis toe.  Hier is baie gesinne wat deur bejaardes versorg word, want die kleinkinders se ouers werk elders.  Dit skep sy eie logistieke probleme want hierdie grootouers het soms tot 16 kleinkinders aan huis.

Die instansie Hofmeyr Hugs of Hope dien as opleidings- en werkskeppingsinstansie.  Daar word na bejaardes- en kinders omgesien wat tekorte ervaar, en daar word ook werksgeleenthede gesoek vir jong mense met die nodige kwalifikasies wat die wyer wêreld wil ingaan. Hierdie instansie bedryf ook uitgebreide selfversorgende groentetuine, en daar is ‘n groot naaldwerklokaal waar vroue vir hulself ‘n inkomste verdien.  Hierdie instanie word deur vrywilligers vanuit die klein gemeenskappie bedryf, en is reeds 8 jaar voltyds aktief in die omgewing.  Ook omliggende dorpe vind baat uit hul werksaamhede.

Good to Know

Fuel Availability

  • Daily open during the day time

Meal Options

  • Farm Stall
  • Limited to None After Hours Options
  • Restaurant
  • Restricted trading hours over weekends
  • Takeaway

Groceries

  • Basic Needs Store
  • Café
  • General Store
  • Limited trading hours over weekends

Neighbouring Towns

Distances below are the most popular roads, sometimes dirt and sometimes tar.