Skip to Content

Teebus en Koffiebus

Twee ikoniese koppies tussen Middelburg en Steynsburg staan bekend as Teebus en Koffiebus. Die name is baie uniek en meeste internet bronne verwys na die afleiding as  teepot. Maar in E.J. du Plessis se boek, ’n Ondersoek na die oorsprong en betekenis van Suid-Afrikaanse berg- en riviername, is die verwysing definitief na ’n teebussie. En wanneer mens dan terug gaan na die internet en vir prente van teebussie, of te wel theebus, soek dan kom mens af op blikke van die vroeë 1900’s af wat daardie skep knop het wat die vergelyking na die pinakel op Teebus baie duidelik maak.