Namies: ‘n Verlate nedersetting
Namies, ‘n nedersetting met ‘n ryk geskiedenis, lê 26 km suid-wes van Pofadder en 25 km suid van Pella. Die Namiesberge met hul granietkoppies is vermoedelik vernoem na die Nama-woord vir water, //gami. ‘n Ander teorie stel voor dat die aangrensende plaas, Vogelstruis Hoek, beteken “volstruishoek” beteken, die naam beïnvloed het, met “volstruis” in Nama as //ami-.
In die vroeë 19de was die gebiede bekend as Namies-Noord (later genoem Onder-Namies), en Namies-Suid en is deur die Namiespoort verbind deur die Namiesberge.
Die hoofgrondpad deur Boesmanland het by Namies-Suid verbygegaan en was die eerste waterbron na Gamoep, 115 km oos in die rigting van Namakwaland.
William Charles Scully, Siviele Kommissaris van Namakwaland van 1892 tot 1893, het hierdie heuwels en hul waterbron as ” ‘n eiland in die oseaan van Boesmanland-woestyn” beskryf. Scully was ‘n kranige skrywer en een van sy stories getoonset en aangehaal in “Between Sun and Sand, the tale of an African desert” wat afspeel in Namies.
Trekboere van die Namies omgewing het die regering herhaaldelik vir ‘n skool en ‘n kerk versoek. Die naaste Katolieke skool was in Pella.
Na ’n besoek van JH Hofmeyr in 1906 is die oprig van ‘n skool goedgekeur. Teen 1910 is twee vroulike onderwysers aangestel, en hulle het berig dat daar in die kerk skool gehou word met ‘n koshuis beskikbaar. Die onderwyseresse het ‘n gebou met twee kamers van 30 x 25 voet aangevra, en voorgestel dat ‘n plaaslike inwoner, Jan Maas, aangestel word vir die konstrukie en om gebruik te maak van granite en kalk wat in die omgewing beskikbaar is.
Plaaslike inwoners deel dat 'n toegewyde skoolgebou nooit opgerig is nie en klasse altyd in die kerk gehou was. Wat bygedra het dat die oprigting van die skool gebou nie suksesvol was nie is omdat daar nooit ’n amptelike getal inwoners vir Namies bevestig was nie.
In 1912 het die NG Kerk die Departement van Onderwys in kennis gestel dat hulle nie meer ‘n skool in die kerk kan bedryf nie, wat alternatiewe reëlings sou genoodsaak. Skoolinspeksieverslae dui daarop dat die skool in 1951 gesluit het.
Met die ontwikkeling van Pofadder as handelstasie het die NG Kerk in 1916 amptelik besluit om hul kerk daar te stig en Pofadder bo Namies gekies. Gevolglik het Namies nooit verder as ‘n dorpie ontwikkel nie.
Die ou kerk ruïnes bly egter sigbaar vanaf die pad, identifiseerbaar aan ‘n paar bloekombome. Die ou koshuis is opgeknap en word nou as ‘n woonhuis gebruik.
Bronne:
- Nienaber, G. &. R. P., 1977. Toponymica Hottentotica.. Naamkundereeks No 7 ed. Pretoria: SA Naamkundesentrum. RGN.
- Orton, L. W. &. J., NOVEMBER 2023. Namies: the history of an abandoned settlement in Bushmanland. Vernacular Architecture Society Of South Africa, Issue 38.