Broekie-lace
Suid-Afrika het ‘n besonderse unieke naam vir die kantagtige gietyster versierings. Terwyl die res van die wêreld dit maar net ‘n “bracket” genoem het, is dit in Suid-Afrika Broekie-lace genoem. Dit is natuurlik so genoem na aanleiding van die ooreenkoms aan die kant (lace) wat op vroue panties (broekie) van die laat 1800’s was.
Teen die einde van die negentiende eeu is dit deur die Engelse setlaars in Suid-Afrika ingebring, nie net as versterking saam met die pilare van die sinkplaatafdakke nie maar ook om op die afdak randte as dekor te dien. Dit was baie algemeen op Victoriaanse-styl huise en is vandag nog op baie huis terrasse te sien veral in die Wes-Kaap en groter Karoo.
Die gietyster “broekie-lace” was oorspronklik ingevoer deur maatskappye soos McFarlane (katalogus voorbeeld in fotos). Later het plaaslike mense ontwerpe uit die katalogusse nagemaak en met hout ook die dekor items gemaak vir hulle stoepe.
Bron:
· Illustrated Catalogue of Macfarlane's Castings. 6th ed Vol 2