Wild Fly Fishing in the Karoo
Die Karoo, in die Oos-Kaap Provinsie van Suid-Afrika word as dorre, halfwoestyn geklassifiseer, wat beteken dat mense dit nie met visvang assosieer nie, wat nog te sê van vlieghengel. Maar al word die Karoo altyd as semi-woestyn voorgestel, is dit veel meer divers as dit. KwaNojoli (voorheen Somerset-Oos) het vyf biome binne 20 km van die dorp af. Die dorp sit aan die voet van die Boschberg, en dit skep 'n mikro-klimaat, wat ons onder normale omstandighede jaarliks 'n gemiddelde 30 duim reën gee.
Wild Fly Fishing in die Karoo het eksklusiewe toegang tot verskeie damme en rivierstukke in die KwaNojoli (voorheen Somerset-Oos) distrik vir vlieghengel verseker. Hoekom nie jou geluk kom beproef nie, en wie weet, jy mag dalk net 'n 10lb-forel vang!