Skip to Content
Somerset-Oos
Somerset Oos (hernaam na KwaNojoli) is ‘n pragtige dorpie aan die voet van die Boschberg, ongeveer 200km noord van Port Elizabeth (nou Gqeberha).  Hy is nie op die hoofpad nie, maar 25km van Kookhuis op die R63.  Dit is natuurlik ‘n wonderlike ding, want dit maak dit ‘n stil dorp met baie minder verkeer as die wat op die hoof roetes is.  Die berg sorg vir ‘n mikroklimaat van baie meer vog as in die res van die Karoo dorpies in die omgewing.  Dit is altyd ‘n verassing om by die groen Boschberg te stop en die skoonheid te waardeer.  Daar is vier biome binne 20km van die dorp, wat sorg vir variasie in die landskap, met inheemse woud en grasvelde op die berg, en Karoo savanne en velde op die vlaktes. Daar is verskeie buitemuurse aktiwiteite om besoekers besig te hou, insluitend vlieghengel met Wild Fly Fishing in the Karoo en die weeklikse parkrun, wat ook gedurende die week as ‘n staproete gebruik kan word. Die grond om die dorp is ontsettend vrugbaar, en dit sorg vir intensiewe boerderye, insluitend skaapboerdery, angorabokboerdery, melkboerdery, varkboerdery en sitrusboerdery.  Dit word moontlik gemaak deur die Oranje-Visrivier kanaal sisteem, wat water bring vanaf Gariepdam tot in die Ooskaap.
Somerset Oos (hernaam na KwaNojoli) is ‘n pragtige dorpie aan die voet van die Boschberg, ongeveer 200km noord van Port Elizabeth (nou Gqeberha).  Hy is nie op die hoofpad nie, maar 25km van Kookhuis op die R63.  Dit is natuurlik ‘n wonderlike ding, want dit maak dit ‘n stil dorp met baie minder verkeer as die wat op die hoof roetes is.  Die berg sorg vir ‘n mikroklimaat van baie meer vog as in die res van die Karoo dorpies in die omgewing.  Dit is altyd ‘n verassing om by die groen Boschberg te stop en die skoonheid te waardeer.  Daar is vier biome binne 20km van die dorp, wat sorg vir variasie in die landskap, met inheemse woud en grasvelde op die berg, en Karoo savanne en velde op die vlaktes.

Daar is verskeie buitemuurse aktiwiteite om besoekers besig te hou, insluitend vlieghengel met Wild Fly Fishing in the Karoo en die weeklikse parkrun, wat ook gedurende die week as ‘n staproete gebruik kan word. Die grond om die dorp is ontsettend vrugbaar, en dit sorg vir intensiewe boerderye, insluitend skaapboerdery, angorabokboerdery, melkboerdery, varkboerdery en sitrusboerdery.  Dit word moontlik gemaak deur die Oranje-Visrivier kanaal sisteem, wat water bring vanaf Gariepdam tot in die Ooskaap.

Good to Know

Fuel Availability

  • Open 24/7

Meal Options

  • Coffee Shop
  • Limited to None After Hours Options
  • Restaurant
  • Restricted trading hours over weekends
  • Takeaway

Groceries

  • Butchery
  • Chain Supermarket
  • General Store
  • Limited trading hours over weekends
  • Local Grocery Store

Neighbouring Towns

Distances below are the most popular roads, sometimes dirt and sometimes tar.