Skip to Content

Togryers Museum

Die Togryers Museum is geleë in die pragtige dorp Ceres, sowat 150km vanaf Kaapstad. Hier sal jy ‘n verskeidenheid tema’s ontdek wat ‘n oorsig gee oor die geskiedenis van die dorp en area.   Die naam van die museum is afkomstig van die groot invloed wat die Togryers op die ontwikkeling van Ceres gehad het, tydens die ontdekking van diamante in Kimberley.  Die hoofroete na die Noorde het deur Ceres gegaan en  toerusting en boumateriaal is deur die Togryers na die diamantvelde vervoer.

Die museum huisves 'n indrukwekkende versameling perde- en ossewaens wat dateer uit die 1880's. Die aardbewing van 1969  is gedokumenteer met foto's en uitknipsels van die Cape Times, Die Burger en ander koerante.  Hierdie skudding wat tot in Durban gevoel is, het ‘n geweldige impak gehad op die Vallei.  In Desember 2018 het die Museum ‘n nuwe boek bekendgestel nl. Ons Onthou, 29 September 1969, waarin plaaslike inwoners self hul ervaringe deel en daar ook gekyk is na die rol van die weermag gedurende die opvolgende maande en natuurlik, die opbou van ons dorp.   As jy verder deur die Museum stap, sal jy meer leer oor ons natuurlike geskiedenis   soos probleemdiere en roofvoëls, Geologie, Klimaat en Topografie en die unieke Meteoorval van 1838 in die Koue Bokkeveld.

Verder kan jy lees oor die groot versameling rotskuns uit ons omgewing en die ontstaanjare van ons dorp.  Ons het onlangs die viruele wêreld betree met ons Ceres Toe en Nou digitale uitstalling wat jy met die kliek van jou rekenaar kan besigtig, waar jy jou ookal bevind.  Ons vertel ook die volledige storie van die gewonge verskuiwings in Ceres en die impak daarvan op die gemeenskap.  Die museum beywer hom egter nie net vir die bewaring, uitstalling en bewusmaking van ons kultuur historiese erfenis nie, maar is ook by heelwat sosiale projekte betrokke.  Ons slagspreek,  “In die gemeenskap, Vir die gemeenskap”  vat die hart van die Museum saam. Ons beywer ons om ‘n warm omgewing te skep, waarin alle mense, besoekers of ons gemeenskap, veilig en welkom kan voel.  

Sien & Doen
Besienswaardigheid
Besienswaardigheid
  • Museum en/of Monument
Link copied!
Besienswaardigheid

Contact Details

  Show phone number

  Show email

  https://www.ceresmuseum.co.za


Trading hours

  • Monday: 8:30 am – 5 pm
  • Tuesday: 8:30 am – 5 pm
  • Wednesday: 8:30 am – 5 pm
  • Thursday: 8:30 am – 5 pm
  • Friday: 8:30 am – 5 pm
  • Saturday: Closed
  • Sunday: Closed

Address

Oranjestraat 8, Ceres