Starry Nights Karoo Cottages
Hierdie gevestigde en populere oornagkothuise het ‘n lang en ryk geskiedenis. Die standplaas is oorspronklik geregistreer in 1861 deur die Griekwa Goverment en in die naam van die welbekende Adam Kok, die leier van die Griekwas.
Jare later het die twee wonings gedien as nagmaalhuisies vir boere van die omliggende plase. Die pragtige historiese NG Kerk is loopafstand van die kosthuise.
Starry Nights Karoo Cottages is twee skakelhuisies en kan appart of saam bespreek word. Reisigers kan ook net ‘n kamer bespreek afhangende van hul behoefte en begroting. Daar is in totaal slaapplek vir ses persone met ‘n koninginggrotebed, ‘n dubbelbed en twee enkelbeddens.
Die bekende Karoo Artist’s Café restaurant is reg langs die kothuise en alle etes kan direk van daar af op die kothuise se voorstoep afgelewer word vanwaar die karakter van die dorp ervaar kan word. Wanneer jy op Starry Nights Karoo Cottages se stoep sit, het jy nie tegnologie en televisies nodig nie. 'n Kind speel in die plas water in in Tobie Mullerstraat – die enigste van twee geteerde strate in die dorp. Partykeer ry hulle met hulle draadkarre wat hulle oupa vir hulle gemaak het daardeur. Hier sien jy ‘n mengsel van oud en van nuut. Jode, Hollanders, Boere, Britte, Kleurlinge, Griekwas, Sotho's, Portugese leef in vrede saam. Sinergie. Daar loop soms hoendertjies in die straat! En beeste. Soms ry die skaapwagtertjies met hulle perde daarlangs.
Saans is dit ‘n sterreprag. Dit was Anna Neethling-Pohl wat jare gelede oor haar besluit om in Philippolis te kom aftree gesê het: “Ek het hierheen gekom om die sterre te pluk.”
Skrywers, musiekante en kunstenaars het al vele inspirasie by Starry Nights Karoo Cottages gekry en gaste wat hier gewoon het soos Bacchus Nel, Ronel Kellerman, Ricky Lattei van die Wasgoedlyn, Gert Vlok Nel, Mathys Roets, Andre Swiegers, Dana Snyman, Nico Moolman en vele ander kan daarvan getuig!
Starry Nights Karoo Cottages bied veilige privaat parkering aan en daar is braaigeriewe in die binnehowe van die twee kothuise. In die somer is die vrugteboort ‘n paradys met granate, druiwe, vye, appelkose en suurlemoene tussen inheemse bome.
LIGGING LIGGING LIGGING!
Die ligging is sentraal mat alle restaurante en besienswaardighede loopafstand.
Besprekings moet vroegtydig gedoen word vir seisoentye! Spesiale tariewe vir verblyf van vier dae en langer. Skakel die eienaar direk vir meer inligting.