Philippolis is die oudste nedersetting in die Vrystaat in is gestig in 1822. Dit is vernoem na dr. John Philip, wie die hoof was van die Londense Sendinggenootskap in Suid-Afrika. Wanneer jy vir die eerste keer in Philippolis kom voel dit asof jy teruggaan in tyd, asof die verlede en die hede hier onlosmaakbaar deel is van mekaar. Dit is veral opmerklik aan die boustyle. In die hoofstraat is die imposante N.G. Kerk. Tydens die Anglo-Boereoorlog het Engelse soldate die kerk beset, en is die kerktoring as ‘n uitkyktoring benut. Tydens dié besetting is die kerkorrel onherstelbaar beskadig en moes later vervang word. Die nuwe orrel, ‘n Brinley en Foster van Sheffield, wat in 1907 ingewy is word vandag nog tydens dienste gespeel. Die kerkgebou is 'n nasionale gedenkwaardigheid. Oorkant die kerk is die pragtige Victoriaanse gebou waarin die biblioteek is. Dit is in 1906 deur die Jood, Moritz Jacobson, aan die munisipaleit geskenk. Saam met die Transgariepmuseum vorm die Jacobsonbiblioteek ’n museumkompleks. Die hoofuitstallings handel oor Emily Hobhouse se spin-en-weefskool, ’n perdemeul, 'n buitelugoond en die Griekwas. Mooritz se nageslag woon steeds in Philippolis. Emily Hobhouse (1811-1875) het die heel eerste weefskool in Philippolis begin om die vroue te help na die Anglo-Boereoorlog. Een van haar studente was die skrander Petronella van Heerden (1887-1975) wat een van Emily se vele boeke onder oë gekry. Subjection of Women het haar lewe verander en 'n paar jaar later het Petronella die eerste Afrikaanse vrouedokter. Reg langs die biblioteek is ’n koppie…
Philippolis is die oudste nedersetting in die Vrystaat in is gestig in 1822. Dit is vernoem na dr. John Philip, wie die hoof was van die Londense Sendinggenootskap in Suid-Afrika.
Wanneer jy vir die eerste keer in Philippolis kom voel dit asof jy teruggaan in tyd, asof die verlede en die hede hier onlosmaakbaar deel is van mekaar. Dit is veral opmerklik aan die boustyle.
In die hoofstraat is die imposante N.G. Kerk. Tydens die Anglo-Boereoorlog het Engelse soldate die kerk beset, en is die kerktoring as ‘n uitkyktoring benut. Tydens dié besetting is die kerkorrel onherstelbaar beskadig en moes later vervang word. Die nuwe orrel, ‘n Brinley en Foster van Sheffield, wat in 1907 ingewy is word vandag nog tydens dienste gespeel. Die kerkgebou is 'n nasionale gedenkwaardigheid.
Oorkant die kerk is die pragtige Victoriaanse gebou waarin die biblioteek is. Dit is in 1906 deur die Jood, Moritz Jacobson, aan die munisipaleit geskenk. Saam met die Transgariepmuseum vorm die Jacobsonbiblioteek ’n museumkompleks. Die hoofuitstallings handel oor Emily Hobhouse se spin-en-weefskool, ’n perdemeul, 'n buitelugoond en die Griekwas. Mooritz se nageslag woon steeds in Philippolis.
Emily Hobhouse (1811-1875) het die heel eerste weefskool in Philippolis begin om die vroue te help na die Anglo-Boereoorlog. Een van haar studente was die skrander Petronella van Heerden (1887-1975) wat een van Emily se vele boeke onder oë gekry. Subjection of Women het haar lewe verander en 'n paar jaar later het Petronella die eerste Afrikaanse vrouedokter.
Reg langs die biblioteek is ’n koppie waar twee van Adam Kok (1811-1875), die hoof van die Griekwas, se skeepskanonne staan. Die Griekwas het 'n ryk geskiedenis in Philippolis. Hulle was deur dr. John Philip versoek om hulle hier te kom vestig met die doel om die Boesmans te beskerm teen vyandige rondtrekkende groepe. Daar was egter so erge wrywing tussen die Boesmans en die Griekwas dat die Griekwas genoodsaak was om te trek na Niemandsland. Adam Kok se ou huisie staan nou nog in die hoofstraat.
Nog 'n noemenswaardige persoon wie in Philippolis gebore is, was Sir Laurens van der Post (1906-1996). Hy staan bekend as die “wit Boesman” en het jare saam met die Boesmans in die Kalahari gewoon. Die rolprent, “Merry Christmas, Mr. Lawrence”, is gebaseer op sy lewe en niemand anders as die popmusiekikoon David Bowie het die hoofrol gespeel nie. Sir Laurens is in Philippolis gebore en het wêreldberoemd geword as joernalis, skrywer en natuurbewaarder. Hy is baie geliefd by die Britse koningsfamilie en prins Charles (nou koning Charles III) het hom gevra om die peetpa van sy seun, prins William, te word. Sir Laurens was ook Margaret Thatcher se vertoueling en hy het nagte om gesels met Carl Gustav Jung oor die betekenis van drome, mites en die kollektiewe onbewuste. Sy boeke is vandag nog te sien by die Sir Laurens van der Post Gedenksentrum langs die NG kerk. Hier kan jy ook die paadjie van die eerste waterlabarint in die land gaan stap.
Philippolis hou elke jaar gedurende November die gewilde Saalperdskou waar mense van dwarsoor die land trots met hulle spogdiere kompeteer. Die dorp is bekend vir van die beste wolskape in die wêreld en spog ook met kampioen-skaapskeerders.
Die dorp bied onder meer verskeie akkomodasie-opsies, minstens drie restaurante afhangende van die tyd van die jaar, drie algemene supermarkte, 'n slaghuis, 'n bierbrouery en 'n brandstofvulstasie.
Neighbouring Towns
Distances below are the most popular roads, sometimes dirt and sometimes tar.