Rudolf Niemoller Persele
Rudolf Niemoller Persele (RNP) is gelee in die hart van Pofadder seedert 1921.
Ons bied kantoor fasiliteite en opleidingsfasiliteite aan vir maatskappye wat in die area werk.
RNP bied ook verblyf aan vir werkers, kontrakteurs en vakansiegangers wat die area besoek.
Besoek gerus die museum, by ons perseel, wat die storie van Pofadder en sy mense vertel.
Die Boesmanland bestaan uit ongeveer 2 miljoen hektaar waarvan, om en by, ʼn kwart in die Pofadder distrik val. Pofadder, in die Boesmanland, lê tussen Upington in die Groen Kalahari en Springbok in Namakwaland en is die afdraai plek vanaf die N14 na die beste kuierplekke. Vir meer as 100 jaar is Pofadder reeds die oorbly plek vir groot myn ontwikkeling teen die Weskus (Diamante), Namakwaland (Koper), Pella (Sillimaniet), Gamsberg (grootste Sink neerslag), Aggenys (Sink, Lood, Koper, Silver) en ook sonkragplaas ontwikkeling.
Pofadder Hotel, Pofadder Inn en Kleinplasie selfsorg-eenhede word deur Country Hotels bestuur. Daar is ook Rus-i-Bietjie vir 4X4 en verblyf.
Pofadder NG Kerk, gebou in 1912, is een van die ou klip geboue wat wag hou oor al die veranderinge. Die 1938 Voortrekker Monument, aan die bo-punt van Voortrekker Straat, herdenk die Johanna van der Merwe wa, wat in 1938 hier deurgetrek het oppad na Pretoria, en die hoofstraat sy naam gegee het. Die straat is wyd genoeg vir ʼn ossewa om in te draai.
Die O.T. van Schalkwyk park herdenk ʼn Dokter/Burgermeester wat sy lewe lank vyf distrikte in die Khai-Mai area gedien het: Pofadder, Pella (37km) Aggenys (60km), Witbank (130km) en Onseepkans (50km).
Pofadder het algemene handelaars soos Foodzone en ʼn Slaghuis wat die beste Boesmanlandse lamsvleis verkoop.
By Pofadder Auto (24hr vulstasie) kry jy vars gebak en Local-is-Lekker langs die KLK vulstasie en het reeds net na 5 in die oggend koffie en iets lekker om die dag mee te begin.
Die Namakwa Eco 4x4 begin net buite Pofadder, naby Pella, met ʼn pragtige katedraal (gebou in 1876) en ʼn museum waar nonne die stories vertel.
50km Wes van Pofadder is Klein Pella met die grootste dadelplantasie in die Suidelike Halfrond en ʼn heerlike gastehuis en kampeer plek.
Noord van Pofadder is Onseepkans met ʼn grenspos by die Oranjerivier en van hier neem SA Forest Adventures en Gravity Adventures jou met kanos by die Ritchie valle (30km) verby.