Rietmondspoort
Rietmondspoort is ‘n onverwagse verrassing in die Karoo. Op die R27 tussen Calvinia en Brandvlei sal die eerste ding wees wat jy oplet na ‘n goeie reën jaar, ‘n dam so wyd soos die oog kan sien. Die watermassa lok ‘n verskeidenheid van voëlsoorte. En met die oprit na jou akkommodasie mag jy dalk die trop kamele ook sien.
Daar is drie akkommodasie opsies. Die ou oorspronklike plaashuis is mooi restoureer en bied slaap plek vir 4 mense. Die kombuis het ‘n gerieflike binne braai. Dan is daar is kampeer area vir die wat hul eie tentjie of woonwa het. Die ander opsie is dat jy in ‘n opgeknapte ou spoorweg woonwa kan slaap. Daar is 6 waens en bied slaap plek vir 14 mense. Daar is ook gemeenskaplike kombuis, badkamers en braai areas is daar vir jou.
Gaste het ook die voorreg om die wye verskeidenheid voël en dier spesies te besigtig wat op die plaaswerf is. Dis ‘n ervaring en gaan jou ‘n tydjie neem, hier is baie. Kom geniet ‘n uniek Karoo ervaring hier op Reitmondspoort.