Skip to Content

Revive Willowmore

“Revive Willowmore” - dien met visie en passie vir volhoubaarheid.

Ons visie is om ons pragtige dorp te sien herleef en weer begin blom en floreer. Ons begeerte is om mense verenig te sien en saam te werk om ons dorp te verbeter, om sy mense op te hef, en om hoop vir ons toekoms en die geslagte wat volg, te herstel.

Ons is passievol oor ons mense, ons gemeenskap, ons omgewing, en ons dorp as geheel. Ons is 'n multikulturele, veelbekwame dorp met soveel potensiaal. Ons wil bou op die sterktes wat die mense van Willowmore te bied het.

Die 8 lang jare van droogte, die impak van Covid, saam met die samemerging van munisipaliteite, het 'n groot impak gehad op Willowmore se ekonomie, met hoë werkloosheid, 'n toename in dwelms- en alkoholmisbruik, en as gevolg daarvan, die agteruitgang van die dorp as geheel ... die verlies van hoop.

Met dit in gedagte, wil ons projekte binne ons gemeenskap identifiseer wat hulp nodig het, en dan saamwerk met diegene wat betrokke is by sulke projekte, om te help strategiseer en maniere te vind waarop ons saam fondse kan insamel wat gebruik sal word om sulke projekte 'n sukses te maak. Ons wil sien hoe mense bemagtig word om die beste te wees wat hulle kan wees in hul area van kundigheid, wat op die lang duur die projek meer volhoubaar sal maak.

Om te bereik wat ons met Revive Willowmore begin het, moet ons in staat wees om te dien en nie net verwag dat dinge vanself sal gebeur nie. Ons nooi mense met dieselfde gesindheid om langs ons te kom staan en deel te wees van hierdie visie, om dieselfde passie te deel, en bereid te wees om saam met ons te dien.

Verskilmakers
Nie-winsgewende organisasie Gemeenskapsprojek
Sektor
  • Dorp verbetering
Link copied!
Nie-winsgewende organisasie Gemeenskapsprojek

Contact Details

  Show phone number

  Show email

  https://revivewillowmore.co.za/


Address

No physical Address