Platbakkies Farm Retreat
Platbakkies is geleë op die baie gewilde R355 tussen Kliprand en Springbok. Platbakkies Farm Retreat bied akkommodasie (met opsionele etes), kampeerplek, 4x4-, draf-, stap-, fietsry roetes en veel meer. Platbakkies is 'n gewilde voëlkyk bestemming en die biodiversiteit in terme van fauna, flora en geologie laat mense verstom.
Neem kennis dat ons nie op die hoofroetes geleë is nie, wat vereis dat u toegerus moet wees vir grondpad ry.
In ons strewe na `n groener lewenswyse beskik ons reeds oor son- en windkrag, sorteer en herwin rommel en boer met vrylopende diere.