Skip to Content

Oorspronklike plaas opstal

Oorspronklike opstal van Van der Bylskraal – Die dorp Merweville is gestig op die plaas Van der Bylskraal, wat in besit was van Jacobus Johannes Le Sueur van der Byl. Hierdie is die oorspronklike plaasopstal, gebou in 1887. Kaart en transport is egter eers in 1902 ontvang.

Die eerste eredienste in die Koup is in hierdie opstal gehou. Enkele kinders is ook hier gedoop. Van der Byl was ook die plaaslike vrederegter. Deel van die opstal het as tronk gedien. Met die Anglo Boere-oorlog het ’n boerekommando een of ander geskil met Van der Byl gehad, en hom toe in sy eie tronk toegesluit en weggery met die sleutel.

Van der Byl is op 1 Januarie 1904 oorlede, en die plaas word op ‘n vandisieveiling aan die pas-gestigte NG Kerk verkoop vir £4500 met die doel om die plaas op te sny in dorpserwe. Met die oordrag van die plaas na die NG Kerk was daar reeds ongeveer tien geboue of enkelvertrekke op die plaas.

Die oorspronklike plaas het die hedendaagse plase Mooileegte, Koch se Dam, Dappersfontein en ’n deel van Bokrivier ingesluit, en was 9 449 morg groot.
Agter die huis is nog die oorspronklike klipkrale sowel as die dipbak vir sy diere.
Die huis word vandag nog bewoon.

Inligting van: Leef Merweville Raak
Sien & Doen
Besienswaardigheid
Besienswaardigheid
  • Geskiedkundig
Link copied!
Besienswaardigheid

Info Provided By

Leef Merweville Raak
Leef Merweville Raak

Address

Voortrekker street,, Merweville