Loxton Galery
'n Besoek aan die Loxton galery in Loxton is n móét. Die pragtige werk van vele Karoo kunstenaars is te sien. Vir 5 jaar stal Annelise Vorster Meyer haar eie, sowel as Karoo kunstenaars se werk uit. Kom besigtig John Kramer, Fanie Scholtz, Annelise Vorster Meyer, Gerrie van Tonder, Hannelle Bester, en vele meer se werk. Die Loxton Galery is geleë in 'n pragtige 108 jaar oue eg Victoriaans-plattelandse huis, waar die bekende skryfster, Ena Murray opgegroei het. Daar is juweliersware van Tumi, snuisterye, en beeldhouwerk van Alewyn Vorster. As jy meer wil weet oor die geskiedenis van die dorp: beide Alewyn en Annelise is hier gebore en getoë en kan jou vertel van die gebeure uit dae van lank gelede. Daar is ook interessante foto's en boeke om te besigtig.