Annelise Vorster Meyer
Annelise Vorster Meyer is 'n Karoo kind in hart en siel.
Annelise vind inspirasie vir haar skilderye, in die oopheid en die stilte van die Karoo se landskappe, diere en mense. Hierdie nederige, siggestremde kunstenares verras ons gereeld met haar pragtige foto's, en haar skilderye is al oor die hele wêreld versprei. Sy het die besonderse talent om die aanskouer te betrek by haar eie waarneming en besonderse ervaring van die Karoo. Sy gebruik kleur, tekstuur en komposisie om 'n stukkie hemel tot in jou huis of kantoor te bring. Paletmesse en olieverf is haar voorkeur medium. Haar gesogte Karoo foto' is al deur Maroela Media en SABC gebruik. Sy het 'n B.A. graad in Beeldende Kunste, verwerf aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Annelise se skilderye en haar borrelende persoonlikheid is een van die grootste toeriste aantreklikhede in Loxton.