Skip to Content

Karoo Artist’s Café

Vra jy vir mense in Philippolis oor die Karoo Artist’s Café sal hulle vir jou vertel: “Daardie is die plek in ons dorp waar dinge gebeur!”

Die restaurant laat jou dink aan ‘n Europese straatkafee waar toeriste saam met plaaslike inwoners na-middag voor die Café sit langs die bekende Tobie Muller straat. Dié smal straat met wit huise en groen dakke word dikwels beskryf as een van die mooistes in ons land. 

Tot vyf jaar gelde was die historiese gebou waarin die Karoo Artist’s Café nou is ‘n seer oog met stukkende vensters en verf wat afdop van die mure. Dit was voordat die nuwe eienaars dit, te midde van die donker Covid wolke van 2020, tot die vreugde van die dorpelinge vol ywer en kreatiwiteit gerestaureer is. 

Wanneer jy mooi luister hoor jy dalk die gelag van kinders…. Meer as 150 jaar gelede was dit die eerste klaskamer in Philippolis. Die dorp was die eerste nedersetting in die Vrystaat wat hierdie gebou een van die oudstes maak! Daarna was dit ondermeer gebruik as ‘n Ingeneurswerkswinkel. Met die restaurering van die gebou het die naam “JH Becker Ingenieurs” behoue gebly aan die vooraansig. 

Vandag word die restaurant ook gebruik as ‘n teater en bekendes soos Mathys Roets, Bacchus Nel, Amanda Strydom , Stef Kruger en Janie du Toit het al musiekkonserte gehou, met boekvoorlesings deur Dana Snyman,  C.Johan Bakkus, Chanette Paul, Nico Moolman en Juliette Whelpton.  

Reeds sedert Desember 2021 bied die Café elke maand die bekende Stoepkletsmark aan. Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die dorp dat ‘n mark so lank aaneenlopend bestaan! Hier bied plaaslike inwoners hul vars produkte en handgemaak aan en die hele gemeenskap kan saam kom klets. Desembermaande word die mark weekliks aangebied en toerisme geniet dit om die “locals” te ontmoet. 

Die Karoo Artist’s Café word ook gebruik vir die aanbied van welstandswerkswinkels en dien as ‘n gallery vir die uitstalling van plaaslike en reisende kunstenaars. Daarby is dit ‘n gewilde plek vir troues, verjaardae en ander geleenthede. 

Die Café spog met ‘n groente- en kruietuin waar kos vanuit die grond na die tafel bedien word. Varser gaan jy nie kry nie! Behalwe vir die populere ontbytopsies, die Karoo Lam Chops, Gourmet Burgers en Sirloin Steaks is dit ook vegan vriendelik.

Die legendariese “Ou Volkswagen skool-taxi” wat sy rusplek by die Café gekry het is ‘n trots van die gemeenskap en gryp oud en jonk se verbeelding aan. Kunstenaars soos Willem Prinsloo en Ronel Kellerman het dit al geskilder en jy sal dit sien in die musiekvideo van Anton Goosen se pampoene op die dak. Vandag is dit die speelplek van kinders!

Die Karoo Artist’s Café is kinder- en troeteldiervriendelik. Kyk uit vir Queenie die Gryspapegaai en die nimlike wolfhond Jess!  Die restaurant is ten volle gelissensieerd, het Wifi en is loopafstand van die meeste akkomodasieplekke en ander besienswaardighede.

Eet & Drink
Restaurant
Generies
  • Lewendige vermaak geleenthede
Menu
  • Bedien alkohol
  • Hoofmaaltye
  • Ligte etes
  • Soet en sout lekkernye
Link copied!
Restaurant

Contact Details

  Show phone number

  Show email


Trading hours

  • Monday: 8 am – 8 pm
  • Tuesday: 8 am – 8 pm
  • Wednesday: 8 am – 8 pm
  • Thursday: 8 am – 8 pm
  • Friday: 8 am – 8 pm
  • Saturday: 8 am – 8 pm
  • Sunday: 8 am – 8 pm

Address

30 Tobie Muller str, Philippolis