Huis Mervia
Huis Mervia is die koshuis verbind aan Laerskool Merweville.
Vir jare het die koshuis leerders vanuit die Kaap en omliggende plase gehuisves. Die gebou word ook deur die gemeenskap gebruik om funksies en byeenkomstes te hou.
In 2023 verander 'n gedeelte van Huis Mervia na 'n inklusiewe skool om ook leerders te ondersteun met leer- en fisiese hindernisse, sowel as om die die leerders wat die skool bywoon, te huisves. In die nabye toekoms sal daar ook 'n vaardigheidskool open op die terrein.
Huis Mervia is ook beskikbaar as 'n verblyf opsie vir individue en groepe oor naweke en vakansies.