Hadley Guest Farm
Ons nooi jou uit om te kom deel in die besonderse skoonheid en rustigheid van ons omgewing. Hier kan jy beslis kom ontspan, herlaai en die stilte in ons ongerepte natuur kom ervaar. Ons leef die Karoo-gasvryheid aan die voet van die Baviaanskloofberge en sal jou graag verwelkom.
Hadley Guest Farm is sowat 50 km vanaf Steytlerville en ook 50 km vanaf Patensie. Die grondpad kronkel deur die Grootrivier . Dit sal wys wees om net eers die stand van die pad te bevestig voordat jy ons roete aandurf.
Gaste kan in Grootrivier, Camper's Delight of Gooseberry se selfsorgeenhede bly (beddegoed en handdoeke ingesluit) of kamp by Grootrivier of Camper's Delight. Met die uitsondering van die kampterreine kan die eenhede in totaal 36 mense huisves.
Hadley Guest Farm is ideaal vir natuurliefhebbers en bied verskeie aktiwiteite. Hier is n baie groot verskeidenheid plantspesies, met onder andere baie medisinale plante. Hadley is n aktiewe beesplaas waarin jy kan deel. Ander aktiwiteite sluit onder andere in: menige staproetes, bergfiets, swem, visvang, bergklim, sterrekyk, begeleide pieknieks, perderitte, 4x4 met voertuie of quadbikes, fotografie en voelkyk. (Toerusting word nie voorsien nie) Ons maak ook deel uit van die gewilde 5-dag Grootrivierpoort Stapproete in samewerking met Bucklands Gasteplaas. Hadley is ook gewild vir Perderitgroepe, die Baviaans Cycle Tour en die FreedomChallenge Bergfiets uitdaging. Groepe wat wil wegbreek vir spanbou is ook welkom.
Moenie uitmis nie, kom kuier!