Dorschfontein Guest Farm
Dorschfontein Guest Farm bied selfsorg akkommodasie aan op 'n pragtige Karooplaas in die Steytlerville area.
Old Farmhouse is 'n gerieflike drieslaapkamerhuis wat 6 persone kan huisves.
Dorschfontein Guest Farm (Veld Cottage) bied selfsorg akkommodasie aan in 'n pragtige selfsorg huisie op 'n werkende Karooplaas in die Steytlerville area. Veld Cottage het een slaapkamer met 'n koningsgrootte bed asook 2 enkelbeddens in 'n groot oop leefarea. Die leefarea het 'n volledig ingerigte kombuis asook 'n binnebraai. Daar is 'n pitbraai op die groot oop stoep wat uitkyk op ons pragtige Karoo.