Die Stoep
Die Stoep is 'n pragtige Karoo-styl plaashuis wat ongeveer 1860 met Victoriaanse detail gebou is en was een van die eerste huise in Calitzdorp. Dit word as 'n selfsorg-eenheid verhuur en het slaapplek vir tot 10 mense (kliënte deel nie die geriewe met ander mense nie en die huis word as 'n eenheid verhuur).
Die Stoep, soos die naam aandui, word omvou met'n groot stoep met deure wat daarop uitloop. Oregon-dennehoutvloere en skuifraamvensters met hortjies gee hierdie huis 'n spesiale gevoel van vervloë dae. Die plafonne is 4m hoog en die mure 'n halwe meter dik en is uit onverbrande modderstene gebou. Hierdie boustyl was tipies van die tydperk en die resultaat is 'n huis wat koel is in die warm somermaande en warm in die winter.
Die hortjies word steeds gebruik om die binnenshuise temperatuur te reguleer.Die sitkamer beskik oor 'n kaggel, TV en hoëtroustel. 'n Deur lei na die stoep.Die tipiese plaashuiskombuis het 'n knus sitarea en 'n houtkaggel vir daardie koue winteraande. Dit is toegerus met 'n yskas, stoof, mikrogolf, koffiemasjien, stoomkoker en 'n wasmasjien en skottelgoedwasser. Dit is volledig toegerus met eetgerei, breekware en glasware. Asook braairooster, tang en potjiepotte.Die binnehof is toeganklik vanaf die kombuis aan die een kant en die kroeg aan die ander kant. Dit is ten volle omring deur 'n hoë muur.
Hier kan die pragtige ster gevulde naghemel geniet word vanaf die ingeboude sitarea, met 'n vuurput. Daar is 'n onderdakbraai en vermaakarea. 'n Plonspoel en vermaakliksheidarea is in die agtertuin.
Daar is 3 slaapkamers: Perkal linne, en badhanddoeke word voorsien.
- Volstruiskamer – Die hoofslaapkamer is groot en het 'n koninggrootte-bed asook 'n stapelbed, kas en 'n kleedkamer.
- Springbok-kamer – het 'n dubbelbed en en suite met stort, wasbak en toilet, hierdie area lei deur die kroeg na die binnehof. Daar is ook 'n kas.
- Meerkatkamer – lei na die omhul stoep en het 'n dubbelbed met en suite-bad, wasbak, stort en aparte toilet en kas. Daar is ook 'n aparte, oulike badkamer met 'n toilet, wasbak en stort oor die vintage bad en outydse muurkas.
Die groot eetkamer is in die middel van die huis en het sitplek vir 10, die perfekte plek om te onthaal.Die Stoep bied ook:
- Alarmstelsel
- Parkeerplek van die straat af
- Wi-Fi
- Troeteldier vriendelik
- DSTV
Die tuin is groot en beplant met vrugtebome en vetplante wat tipies is van die Klein Karoo.