Skip to Content

Die Lady De Waal Brug

Wanneer die waters afkom in die Grootrivier was dit baie gevaarlik om die rivier oor te steek en het groot kommer uitgelok onder die inwoners van die nuut gevonde dorpie Steytlerville in 1876. Daar was ‘n versoek aan Goewerment gestuur om asseblief ‘n brug oor die Grootrivier te bou. Al het Parlement al voor 1904 £25 000 gewillig vir die bou van ‘n staal brug oor die rivier, is daar eers in 1911 aan die brug begin bou. In 1913 is die brug geopen en word Die Lady De Waal-brug genoem ter ere van die vrou van die destydse Administrateur van die Kaapprovinsie, sir Frederick de Waal.

Oorstroming het wel die brug twee keer weggespoel, eers in 1916 en weer in 1921. Albei kere is die brug herbou, maar word deesdae word dit meestal net deur voetgangers gebruik, nadat ’n nuwe beton brug in 1974 oor die onstuimige Grootrivier gebou is net ’n paar 100 meter Noord van die De Waal brug.

Sien & Doen
Besienswaardigheid
Besienswaardigheid
  • Argitektuur
  • Geskiedkundig
Link copied!
Besienswaardigheid

Address

Northern entrance of the town of the R329 at the open ai museum

Die Noordelike ingang van die dorp op die R329, by die opelug museum