Die Engelsman se graf
Die Engelsman se graf by Merweville
Walter Oliphant Arnot was ’n lid van die Derde Suid-Australiese Kontingent tydens die Anglo-Boereoorlog, ’n berede eenheid. Hy was die seun van ’n skeepsdokter en is in Essex Engeland op 9 Sept. 1860 gebore. Sy opvoeding ontvang hy aan die koninklike Vloot-Akademie
Op 19-jarige ouderdom verhuis hy na Australië waar hy voorman van ’n groot skaapboerdery naby Adelaide word. In 1899 sluit hy aan by die bogenoemde kant in gelit en vertrek na Suid-Afrika. Hulle het verkenningstogte in die Karoo uitgevoer en plase besoek. Gerugte is versprei dat hy met die Boere heul. Volgens sy reisgenote het hy in depressie verval en was ontsteld. Op 15 April 1902 het hul 3km vanaf Merweville stilgehou. Na bewerings het hy die geweer geneem, na ’n koppie gestap, dit op homself gerig en geskiet. Hier is ’n enkele klipbaken deur die eienaar L.M. Botes Senior, aangebring. Sy liggaam is na die dorp vervoer. Hy is in die oorspronklike begraafplaas langs Koedoeskloofspruit begrawe. Die graf word steeds deur die inwoners van Merweville versorg sy vrou, Eleanor en 4 kinders (tussen die ouderdomme van 4 en 9 jaar) het tydens sy dood in Tasmanië gewoon.