Brandrivier Selfsorg Eenhede
Brandrivier offer privaat, romantiese selfsorg eenhede in die hart van Namakwaland naby Springbok. Jy sal vrede en privaatheid op die plass ervaar. Ons grens aan die groter bewaringarea van die baie gewilde Namakwa Nasionale Park.
Die akkommodasie is volledig toegerus en elegant gemeubileer met asemrowende uitsig vanaf die stoepe.
Ons Skilpad eenheid het 'n buitestort en 'n romantiese viktoriaanse pootjiesbad met die beste uitsig!
Wilde diere sluit in Springbokke, klipspringers, bobbejane, ystervarke, bakoorjakkelse, die Afrika wildekat en die Kaapse vos..
Die geluid van die Kaapse ooruil word meesal in die nag gehoor en ons spog ook met die donker naguil, die pragtige grondspeg, feevliëvangers, jangroentjies ens..
Gas braai fasiliteite maak dit maklik om daai "medium rear" vir aandete gar te maak. Ons voorsien fasiliteite vir die daai laai van elektroniese toersuting soos skootrekenaars en selfone. Elke eenheid is voorsien van 'n gasverwarmer vir daardie koue winterdae en ons voorsien ook blom veldgidse vir blomseisoen se "jag".
Ons hou daarvan om ons gaste met varsgebakte kolwyntjies te verwelkom en as jy langer bly, wag daar ook 'n bottel wyn vir jou.
In die blomseisoen (Julie to September) kan 'n magdom pragtige blom in en om die plaas gesien word. Ander interessante plant is die botterboom en kokerboom.
Ons sterre is natuurlik die beste, omdat dit so donker is en in die dag kan jy een van ons roetes stap, voëls kyk of een van die parke in die omgewing besoek. Goegab en die Namakwa nationale parke is beide minder as 30km weg. Nababeep myn museum, Hondeklipbaai of selfs die Richtersveld area is bereikbaar vanaf Brandrivier
Sonkrag word verskaf vir ligte, 'n klein yskas en vir die laai van elektroniese toerusting..
Ons is gerieflik langs die N7, net mooi halfpad tussen Springbok en Kamieskroon, maar weg van die geraas van 'n dorp.
Ons maak verskeie produkte self op die plaas. Besoek gerus ons aanlyn padstal op ons webwerf om ons pragtige leerskoene, natuurlike seep gemaak van plante wat op die plaas groei, liplekker fudge, heuning en baie meer te koop. Vir gaste lewer ons produkte by die eenheid af en ons koerier ook landswyd.