Apollo Teater
Die Apollo Teater in Victoria-Wes is die oudste Art Deco teater in Suid-Afrika en een van die oudste film teaters in die land. Die pragtige, historiese teater word nog goed onderhou en is daagliks oop vir besoeke aan die museum en koffiewinkel. Kuns en kultuur in die Noord Kaap word hier lewending gehou deur gereelde film vertonings, musiek konserte, teater produksies en ander events te huisves. Die teater is ook beskikbaar om te huur vir funksies en privaat film vertonings. As jy deur Victoria-Wes kom, is 'n besoek aan die Apollo teater 'n MOET!