Anglikaanse Kerk
Soos meeste dinge in Springbok is die Anglikaanse kerk stigting na aanleiding van die ontwikkeling van Namakwaland se kopermyne. Alhoewel goewerneur Simon van der Stel die streek in 1685 verken het, het kopermynbou eers in 1852 in alle erns begin. Die eerste Anglikaanse kurator, ds. Henry Whitehead, het in 1855 aangekom en teen 1856 het hy die eerste huwelik in Springbokfontein voltrek. In 1862 het ds W.J.R. Morris het die kerk oorgeneem en ontwerp. Bouwerk het in 1865 begin. Die kerk wat uit graniet gebou is, het aanvanklik sekere kenmerke soos 'n klok, suidelike stoep en voltooide vloer ontbreek. Die kerkgebou is wel ingewy op 9 Mei 1866 deur Biskop Gray. Ten spyte van bewerings van Sophia Gray se betrokkenheid by die ontwerp daarvan, skryf die meeste bronne die kerk se ontwerp toe aan ds Morris.
En interessant was die Anglikaanse kerk (1865 – een van die oudste gebou in die dorp) gebou was voor die eerste NG Kerk wat eers in 1877 gebou was. Meeste plattelandse dorpe is juis begin as die NG Kerk ‘n plaas koop en ‘n kerk bou.
Kerk gebou en gronde is gesluit.
Bronne:
- The Churches Of Bishop Robert Gray & Mrs Sophia Gray - An historical and architectural review by Desmond Keith Martin
- https://www.ancestors.co.za/all-saints-namaqualand/