Van Wyksdorp, wat dikwels as die onontdekte hoek van die Klein Karoo beskou word, bly 'n kulturele kaleidoskoop wat onaangeraak is deur die moderne gewoel van die stadslewe. Van Wyksdorp, geleë in die Kaapse Floristiese Koninkryk ('n internasionaal erkende biodiversiteit-”hotspot”), is ekologies ryk aan Klein Karoo-biodiversiteit. Hierdie oulike klein dorpie bied 'n unieke sjarme, warm karakter en vriendelike inwoners. Mense van ver kom hierheen oor naweke of trek permanent om weg te kom van die stadslewe en om die atmosfeer van 'n lewende dorpie in te asem. Jonk en oud geniet hulself terwyl kinders nog in die paar strate speel. Die dorp bied n stresvrye lewe wat nodig is in teenstelling met vandag se vinnige leefstyl. Hierdie mooi area en inspirerende leefstyl bied die hoekstene van 'n gesonde lewe, en bied dus 'n onvergeetlike ervaring. In Van Wyksdorp is daar baie om te doen. Dit is 'n mooi omgewing vir jou om te verken en jou merk te laat. Plaaslike boere is uitnodigend en baie bied besoekers die geleentheid om stap en bergfietsry op hul eiendomme te beleef. Daar is baie grondpaaie wat na ander interessante plekke lei en mens kan vir 'n dag heerlik in die natuur wees, en nogsteeds naby aan die dorp bly. Vat 'n stap in die dorp en jy sal meer sien as wat jy sou dink in so klein dorpie. Die dorp het 'n magdom kulturele juwele in die vorm van ou Karoo-argitektuur en tuine. Word bevriend met die inwoners en hoor van al…
Van Wyksdorp, wat dikwels as die onontdekte hoek van die Klein Karoo beskou word, bly 'n kulturele kaleidoskoop wat onaangeraak is deur die moderne gewoel van die stadslewe. Van Wyksdorp, geleë in die Kaapse Floristiese Koninkryk ('n internasionaal erkende biodiversiteit-”hotspot”), is ekologies ryk aan Klein Karoo-biodiversiteit. Hierdie oulike klein dorpie bied 'n unieke sjarme, warm karakter en vriendelike inwoners. Mense van ver kom hierheen oor naweke of trek permanent om weg te kom van die stadslewe en om die atmosfeer van 'n lewende dorpie in te asem. Jonk en oud geniet hulself terwyl kinders nog in die paar strate speel. Die dorp bied n stresvrye lewe wat nodig is in teenstelling met vandag se vinnige leefstyl. Hierdie mooi area en inspirerende leefstyl bied die hoekstene van 'n gesonde lewe, en bied dus 'n onvergeetlike ervaring.
In Van Wyksdorp is daar baie om te doen. Dit is 'n mooi omgewing vir jou om te verken en jou merk te laat. Plaaslike boere is uitnodigend en baie bied besoekers die geleentheid om stap en bergfietsry op hul eiendomme te beleef. Daar is baie grondpaaie wat na ander interessante plekke lei en mens kan vir 'n dag heerlik in die natuur wees, en nogsteeds naby aan die dorp bly.
Vat 'n stap in die dorp en jy sal meer sien as wat jy sou dink in so klein dorpie. Die dorp het 'n magdom kulturele juwele in die vorm van ou Karoo-argitektuur en tuine. Word bevriend met die inwoners en hoor van al die wonderlike dinge om te sien en ervaar in hierdie pragtige dorp.
Van ontbyt, middagetes en aandetes, Vanwyskdorp bied dit alles. Daar is selfs konfyt, olyfolie, en olyfproduk aankope beskikbaar hier.
Daar is ook baie klein gastehuise en selfsorg-instansies in die dorp. Elke akkommodasie-opsie bied gaste 'n ander en unieke verblyf.
Die dorp is in 1838 gestig, op die plaas Buffelsfontein, wat deur Gerrit van Wyk besit was. Vandag is die bevolking van die dorpie sowat 1000, waarvan 'n paar direkte afstammelinge van Van Wyk nog gevind kan word. Deur die geskiedenis was die inwoners van die dorp afhanklik van die boerdery van vrugte, skape, beeste en volstruise.
Eens, gedurende die jare van die volstruisoplewing, was dit die middelpunt van onderwys in die Klein-Karoo.
Die spoorwegverbindings wat na Ladismith en Riversdal gemaak is, het hierdie dorpe laat groei, terwyl Van Wyksdorp stadigaan tot sy huidige toestand gekrimp het.
Neighbouring Towns
Distances below are the most popular roads, sometimes dirt and sometimes tar.