Skip to Content
De Rust
De Rust is geleë aan die voet van die Swartberg by die suidelike ingang na Meiringspoort – die poort wat die Koup en Die Vlak met die Klein Karoo verbind. Die dorp het sy ontstaan te danke as rusplek voordat reisigers en togryers die moeilike en soms gevaarlike poort aangedurf het, op pad na die noorde. Die eerste plase in die omgewing is uitgegee in 1765, maar met sy amptelike stigtingsdag as dorp op 19 April 1900, is De Rust die jongste dorp in die Klein Karoo. Soos met die eerste setlaars, bly De Rust se omgewing ’n gebied wat uiters geskik is vir intensiewe boerdery en word ’n groot verskeidenheid, vrugte, neute, groentesaad, lusern, tabak en vee verbou. Die ekonomiese dryfveer van die omgewing is, soos destyds met die dorp se ontstaan, gekoppel aan boerdery-aktiwiteite, met landboutoerisme net ’n kortkop agter. Vandag is De Rust steeds ’n rusplek vir reisigers en bied die dorp met sy groot verskillende winkeltjies, ateljees, eetbly- en eetplekke, ’n welkome verposing vir enige moeë reisiger. Die goedversorgde Meiringspoort is ’n groot aantrekking vir toeriste met die waterval, indrukwekkende natuurlike omgewing en interessante name van driwwe waaroor die pad vir 25 keer kronkel, bo-aan die lys. De Rust se gemeenskap wat die groter boerderygemeenskap insluit, is ’n lewendige mengelmoes van Suid-Afrikaners en buitelanders en gee deesdae ’n eklektiese gevoel aan die dorp. Die interessante idees en inisiatiewe waarmee hierdie kreatiewe gemeenskap vorendag kom, maak dit ’n heerlike stopplek – vir net ’n uurtjie of twee,…
De Rust is geleë aan die voet van die Swartberg by die suidelike ingang na Meiringspoort – die poort wat die Koup en Die Vlak met die Klein Karoo verbind. Die dorp het sy ontstaan te danke as rusplek voordat reisigers en togryers die moeilike en soms gevaarlike poort aangedurf het, op pad na die noorde. Die eerste plase in die omgewing is uitgegee in 1765, maar met sy amptelike stigtingsdag as dorp op 19 April 1900, is De Rust die jongste dorp in die Klein Karoo.

Soos met die eerste setlaars, bly De Rust se omgewing ’n gebied wat uiters geskik is vir intensiewe boerdery en word ’n groot verskeidenheid, vrugte, neute, groentesaad, lusern, tabak en vee verbou. Die ekonomiese dryfveer van die omgewing is, soos destyds met die dorp se ontstaan, gekoppel aan boerdery-aktiwiteite, met landboutoerisme net ’n kortkop agter.

Vandag is De Rust steeds ’n rusplek vir reisigers en bied die dorp met sy groot verskillende winkeltjies, ateljees, eetbly- en eetplekke, ’n welkome verposing vir enige moeë reisiger. Die goedversorgde Meiringspoort is ’n groot aantrekking vir toeriste met die waterval, indrukwekkende natuurlike omgewing en interessante name van driwwe waaroor die pad vir 25 keer kronkel, bo-aan die lys.

De Rust se gemeenskap wat die groter boerderygemeenskap insluit, is ’n lewendige mengelmoes van Suid-Afrikaners en buitelanders en gee deesdae ’n eklektiese gevoel aan die dorp. Die interessante idees en inisiatiewe waarmee hierdie kreatiewe gemeenskap vorendag kom, maak dit ’n heerlike stopplek – vir net ’n uurtjie of twee, of vir ’n paar dae. De Rust is gemaklik geleë vir dagbesoeke aan Klaarstroom, Prins Albert, die Kangogrot, Uniondale, George en die verskeie wynplase en ander dagaktiwiteite wat in die  omgewing onderneem kan word.

Good to Know

Fuel Availability

  • Daily open during the day time

Meal Options

  • Coffee Shop
  • Limited to None After Hours Options
  • Restaurant
  • Restricted trading hours over weekends
  • Small Cafe
  • Takeaway

Groceries

  • Basic Needs Store
  • Butchery
  • Café
  • General Store
  • Local Grocery Store

Neighbouring Towns

Distances below are the most popular roads, sometimes dirt and sometimes tar.