Skip to Content

Ons Karoo en Kontrei Kaart

reeds saam met die ontdekkingsreisigers vanuit die laat 1700’s, vroeë 1800’s. Hulle het die name op hul kaarte geskryf, maar daar is nooit ’n duidelike lyn op ’n kaart getrek van waar die grense strek nie. In daardie tyd reeds het die kaarte se streke ook nie ooreengestem nie. 

’n Ander feit om te onthou is dat baie van die streke hul naam gekry het na aanleiding van sekere plantegroei of natuurverwante verskynsels. Nou, honderde jare later, het die plantegroei van die streke verander. ’n Mens neem aan die streek se “grense” het ook verander.

Net soos daar verskillende menings is oor waar die streeksgrense is, so is daar verskillende menings oor waar die name vandaan kom. Tydens die ontwikkeling van die kaart is met baie mense gepraat wat in die streke woon om sodoende die plaaslike inwoners se menings te kon inwerk. En onthou 'n dorp self lê in 'n distrik. Die distrik area is wyd en val gewoonlik in meer as een streek. 

Hierdie is ongetwyfeld nie ’n streng akademiese kaart nie, meer ’n kaart om jou naastenby te wys waar die streke lê waarvan ’n mens in soveel gedigte en liedjies hoor.

Jy kan nou hierdie kaart koop by verskeie padstalle in ons area.  Sien die lys hier onder.

As jy 'n paddstal besit in ons area en ook die kaarte wil verkoop, kontak ons by adri@onsknk.co.za 

Padstalle waar jy die kaart kan koop:

Kry hulle hier