Kompasberg
Die algemeen storie oor hoe Kompasberg sy naam gekry het is tydens kolonel Gordon se opmetingsendings reis saam met die Kaapse goewerneur, Joachim van Plettenberg in 1777 of ander bronne sê 1778. Gordon het opgemerk hoe die strome wat van die Kompasberg afvloei in al die rigtings van die kompas versprei.
Die ander vertelling klink wel meer prakties. Tydens Lichtenstein se reise het hy dit die naam van Kompasberg gegee omdat dit ‘n landsbaken is van waar die trekrigtings maklik vasgestel kon word en hy die baken kon gebruik om sy kaarte mee te teken.
Vir mense soos J Barrow was dit ook die verskillende riviere, Groot-Visrivier, Seekoei-, Sondags- en Buffelsrivier wat in alle rigtings van n kompas van die berg af loop.
Kompasgberg is die hoogste berg piek in Suid-Afrika buite die Drakensberge/Maluti hooglande, met ’n hoogte van 2503m bo seespieël.
Bronne:
- Clarke, D. C. (1983). Mountain Odyssey in Southern Africa. Johannesburg: Macmillan South Africa (Publishers) Pty.
- Norman, N. (2013). Geology of the beaten track - exploring South Africa's hidden treasures. Cape Town: Struik Nature.
- Ward, D. B. (1988). Berge van Suider-Afrika. Kaapstad: Struik.